DAPPER MUIS
KOOR:
Ek’s ‘n dapper muis – kyk hoe stap ek deur die huis En daar’s niks waarvoor ek skrik nie Vir niemand is ek bang daar is niks wat my kan vang Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie
En sê nou daar’s ‘n kat Oe ‘n kat! Ja ‘n kat met ‘n huis wat altyd hunker na ‘n muis Ag nou ja Buiten vir ‘n kat Is daar niks waarvoor ek skrik nie
[ KOOR ]
En sê nou daar’s ‘n valletjie Oe ‘n valletjie! Ja ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal Ag nou ja Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie Is daar niks waarvoor ek skrik nie
[ KOOR ]
En se nou daar’s ‘n uil Oe ‘n uil! Ja ‘n uil van wie muise altyd skuil Ag nou ja Buiten vir ‘n kat en ‘n valletjie en ‘n uil Is daar niks waarvoor ek skrik nie
En wat van ‘n lawaai – soos ‘n haan wat kraai En ‘n gebreek en ‘n gekraak en iets wat tjiep-tjiep maak En ‘n geklingel en ‘n getingel en ‘n gekletter en ‘n geknetter En ‘n boems en ‘n kardoems Waar’s jy? O – buiten vir ‘n kat met ‘n gryns wat altyd hunker na ‘n muis en ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal en ‘n uil in die nag wat vir muise sit en wag en ‘n huis met ‘n lawaai soos ‘n haan wat kraai ‘n Gebreek, ‘n gekraak, iets wat tjiep-tjiep maak ‘n Getjingel, ‘n getingel, ‘n gekletter, ‘n geknetter En ‘n boem en ‘n kardoems Oe-eee! Is daar niks waarvoor ek skrik nie
JY JOK……
Written by
Add A Comment
|