•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: DAAR LOOP N JONKMAN (benodig Quicktime? )

DAAR LOOP N JONKMAN

Daar loop 'n jonkman aan die strand--
waar, dog hy, is sy?
Al gee ek haar dan maar die hand,
en sy gee haar hand vir my--
ons twee, ek en sy!

Daar loop 'n jongnooi aan die strand--
waar, dog sy, is hy?
Al gee ek hom dan maar die hand,
en hy gee sy hand vir my--
ons twee, ek en hy!

Daar loop twee same aan die strand,
handjies in mekaar--
gegee en vasgehou die hand:
weer laatlos is glad te swaar
tussen hom en haar.

Die handjies eers en nou die soen;
eenmaal ingewy,
kan ons dit nou maar meermaal doen--
tweemaal sesmaal, tienmaal soen,
ons twee, ek en jy.

Written by Woorde: C.J. LANGENHOVEN Musiek: Na 'n Nederlandse Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1973


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook