•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: DAARS ONTWAKING EN LEWE (benodig Quicktime? )

DAARS ONTWAKING EN LEWE

Daar's ontwaking en lewe, dit is lentegety;
deur die lug aangeswewe kom die voëltjies so bly.
Daar's blomme duisendkleurig op die velde oweral,
en lenteluggies geurig in die sonnige dal,
in die sonnige dal.

Deur die laggende boorde en die graslande oor,
word die vreugde-akkoorde in die môre gehoor
van liedjies met die woorde: 'O, die lente het gekom!'
Dit klink uit alle oorde en weergalm om en om,
en weergalm om en om.

Langs die glimmende strome oor die leidam se wal,
deur die struike en bome ruis 'n lied oweral.
Die veld herleef en wemel en dis alles nuut gemaak:
Dit voel vir my soos hemel as die lente ontwaak,
as die lente ontwaak.

Written by Woorde: THEO W. JANDRELL; gewysig: G.G. CILLIÉ Musiek: FRIEDRICH SILCHER


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook