Teachings  + My music  + Praise songs & Quitar chords  + Afrikaans Kultuur  + Afrikaanse Musiek  + Afrikaanse MP3  + SA Resepte  + Books  +

[M]=MIDI, [F]=FAK
2 pages ago -> Previous page
All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: BETLEHEM SE STER (benodig Quicktime? )

BETLEHEM SE STER

Sterretjies wat vonkel in die hemelblou,
ek wonder, o so dikwels, of jul ooit onthou
hoe daar een van julle aan die hemeltrans
wyse manne gelok het met sy helder glans?

Weet jul wat het hul toe in die stal gevind?
In die krip se skuilte lê die heil'ge Kind.
Het jul ook die sang van stemme soet gehoor,
stemme in die hemel van die engelkoor?

Weet jul ook van herders wat hul haas na die stal
om voor die tere Kindjie op die knie te val?
Sterretjies wat vonkel in die hemelblou,
ek wonder, o so dikwels, of jul ooit onthou?

Uit 'Suid-Afrikaanse Kersliedere, Bundel I', saamgestel deur mev. Jo Ross (Voortrekkerpers), 1968.

Written by Woorde: TIENIE HOLLOWAY Musiek: BLANCHE GERSTMAN


Add A Comment