Teachings  + My music  + Praise songs & Quitar chords  + Afrikaans Kultuur  + Afrikaanse Musiek  + Afrikaanse MP3  + SA Resepte  + Books  +

[M]=MIDI, [F]=FAK
3 pages ago -> 2 pages ago -> Previous page
All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: ANTJIE SCHUT (benodig Quicktime? )

ANTJIE SCHUT

Aan die kantjie van die randjie,
in 'n mooi klein rietdakhut,
by haar mamma en haar pappa
woon my liewe Antjie Schut.

Jaag die eendjies, haak haar beentjies,
en die water kon nie stut.
Sy's gesonke en verdronke,
ag my arme Antjie Schut.

By 'n stroompie, waar 'n boompie
met sy skadu ons beskut,
groei 'n rosie, rooie rosie
uit die stof van Antjie Schut.

Ag ek mis haar, ag ek mis haar,
o my liewe Antjie Schut;
maar haar suster's glad nie skugter,
en dit vind ek so van nut.

Dit is klaar nou, ook met haar nou,
en my rympie uitgeput.
Maar g'n hartseer of g'n smart meer
oor die dogters van oom Schut!

Written by Woorde: Tradisioneel; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: 'Clementine', Amerikaanse Volkswysie; verwerk: ANTON HARTMAN


Add A Comment