•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



All >> A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Lyrieke and Musiek





































































































































































































































































































































































































































Laai af / luister: ANNIE HUGO (benodig Quicktime? )

ANNIE HUGO

Franschhoekvallei is enig, die mooiste in die land;
en daar het Annie Hugo aan my haar trou verpand,
aan my haar trou verpand, wat nooit nie sal verflou,
en aan mooie Annie Hugo bly ek tot die dood getrou.

Bekoorlik is my Annie, so lenig en so slank;
haar wange rooi soos rose, haar voorhoof lelieblank,
haar voorhoof lelieblank, met oë hemelblou,
en aan mooie Annie Hugo bly ek tot die dood getrou.

My liefste is die Lente van minnelied en lus;
'n lied, 'n blom ontluik in elke tere kus,
in elke tere kus! O Lelie, blank en blou!
En aan mooie Annie Hugo bly ek tot die dood getrou.

Written by Woorde: A.G. VISSER Musiek: 'Annie Laurie', LADY SCOTT; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook