Die voëltjies vry en skaterlag
in voorjaars blaartjies, jonk en teer,
en skud die bloeisels, roos en wit,
geliefde, op jou hare neer.
Dis tyd vir onse huweliksdag,
dis Amor wat ten bruilof nooi.
Geliefde, kom! Dis tyd, voorwaar,
as Amor reeds konfettie strooi.
Written by Woorde: JAN F.E. CELLIERS Musiek: S. LE R. MARAIS





