Laai af / luister: AFRIKAANS VIR MY (benodig Quicktime? )
AFRIKAANS VIR MY
Suid-Afrika, trek op, ons klim die steilste kop, die Taal is ons krag en getrou sal ons bly. Vader spreek dit, Moeder kweek dit, kindjie kweel dit, almal streel dit: Afrikaans vir my!
[REFREIN] Niemand breek hom, wetsman smeek hom, dom'nee preek hom: Afrikaans! Skole leer dit, staatsman eer dit: Afrikaans! Lewe ons dierbaar taal: Die Volk sal ly en stry vir moedertaal so trou as staal: Afrikaans vir my!
Ons eie Woord[1] die bloei in Afrikaans en groei soos vloedgolf wat aanval uit volste gety; veld, karoobos, hemelblou, los koppie, klowe, waterstrome, alles roer vir my!
[REFREIN] Niemand breek hom, wetsman smeek hom, dom'nee preek hom: Afrikaans! Skole leer dit, staatsman eer dit: Afrikaans! Lewe ons dierbaar taal: Die Volk sal ly en stry vir moedertaal so trou as staal: Afrikaans vir my!
Ons Erediéns en Sang, Kultuur gevoel die drang van Voortrekker volkswil, geharnas en vry; siele lewe't God gegewe; niks verdoof dit, niks ontroof dit: Afrikaans vir my!
[REFREIN] Niemand breek hom, wetsman smeek hom, dom'nee preek hom: Afrikaans! Skole leer dit, staatsman eer dit: Afrikaans! Lewe ons dierbaar taal: Die Volk sal ly en stry vir moedertaal so trou as staal: Afrikaans vir my!
[1] Poësie en prosa
Written by Woorde: M.L. DE VILLIERS Musiek: M.L. DE VILLIERS, 1925
Add A Comment
|