Een dag toe ek nog jonk was toe sit ek in die kantien
Toe drink ek daar n dop of twee
Ting ting waar dit bing
Ek vra toe vir my maters om met my na die huis te gaan
Want die pad loop langs die kerk hof en dit is n donker maan.
Maar niemand van my vriende wou toe saam gaan toe moes ek
Alleen verby die kerk hof gaan en dis n nare plek
Ek loop toe een stap links van my sien spoke daar
En elkeen dra n doodskis o hulle lyk tog altte naar
Koor
Die een ou spook was vet en die ander ou spook was maar
Hulle sit daar in die kerkhof saam die hele lot by mekaar
Die een klom skree ja ja die ander klomp skree ho-ho
Hulle lyk so bleek daar in die maan hulle wil my nie laat staan
Een van die spoke praat met my toe val ek op my knie
Hy se toe hy gelewe het toe seil hy op die see
Hy was maar altyd een matroos dit was so na sy sin
Maar waar hy nou van daan af kom is die water alte min
Die ander ou spokie se vir my hy was n ou soldaat
Hy het nog nooit baklei nie maar hy weet om dood te praat
En eendag se sy offisier hy moet na die oorlog gaan
Hy skrik toe so geweldig dat hy sommer dood neerslaan
koor
Written by


