Jou oe vertel die storie
Van dae lank verby
van n lewenspad verdwaal
van n doel weggedryf
Van dae van wonder
Hoet die lewe jou gelei
soos n nar aan die neus
na die dal van skaduwees.
Koor:
So maak dit beter hierdie hart van my
Vat my lewe en haal die seer daar uit
Maak dit beter hierdie hart van my
Vat my lewe en maak my vry.
Die lewe maak weer sin met my Skepper daar in
is elke blom n handvol mooi elke dag n nuut begin.
ek tel die skulpe op wat my die liefde leer
En gooi ek die klippe neer wat my hartseer gee.
Koor:
Brug:
Ek weet die deuntjie draai
En die storie gaan maar aan
maar elke dag is n nuut begin.
Ek hef my oe op na die blomme in die velde
Waar die son so helder skyn
Vir jou en vir my
Written by Gabriel Kolbe





