•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



Artikels


* Juffrou trek vellies aan
20, Feb, 2012






* GENADEWATER
15, Apr, 2011

* Boere FAcebook
30, Mar, 2011



* Seuntjie by die See
02, Mar, 2011



* WARE WOORDE
23, Jan, 2011

* Kennetjie
23, Dec, 2010

* Personeel Evalueerings
27, Oct, 2010

* Spreekwoorde
23, Sep, 2010


* ONTHOU JY NOG?.....
16, Aug, 2010





* AFRIKAANS IS BETER
05, Aug, 2009

* Liewe Daantjie
05, Aug, 2009

* Roekelose Woordeboek
05, Aug, 2009

* Speak Chinese
05, Aug, 2009



* Afrikaanse Rekenaar Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaanse Motor Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaanse Wyn Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaans Speakers
05, Aug, 2009





* OOM LEEU
05, Aug, 2009

* Prokureur kry vir hom!
05, Aug, 2009

* Wat n Situasie
05, Aug, 2009



Wat is daardie een vraag wat jy vir God sou wou vra?

'n Navorser het by geleentheid 'n studie gedoen om vas te stel dat as daar net een vraag is wat mense vir God sou kon vra, wat sou dit wees. Die standaard een was: "Hoekom is daar soveel swaarkry in die wêreld?" Onlangs het ek hieroor gepreek. Toe stuur Neels Jackson, wat tydens daardie diens in die kerk was, die volgende gedig vir my aan wat hy gaan skryf het. Dit het my so aangegryp dat ek dit vandag in die Goeie Nuus insluit:

Die Vraag

Die navorser het die net wyd gegooi:
oor rasse en klasse, geslagte én geslagte.
Van die stedelike toringblokke af tot
waar 'n eensame rokie bo 'n afgeleë huis
hemel toe reik, wou hy weet:
As julle Hom een vraag kon vra...

Later het hy by sy tafel gesit, deur duisend
papiere gewerk, response gerekenariseer,
georden, geanaliseer. En uit dit alles
het oorweldigend, één vraag gekristalliseer:
Hoekom is die aarde so vol pyn en leed?

Die Vader het oor sy skouer geloer,
gesug: "Dis wat ek van julle wou weet..."

email


Chantal added a comment

“And God said, Let us make man in our image, after our likeness: and let them have dominion over the fish of the sea, and over the fowl of the air, and over the cattle, and over all the earth, and over every creeping thing that creepeth upon the earth” (Genesis 1:26).

 Email Chantal & Add A Comment
hide
TO: Chantal







Arrie Vorster added a comment

Het onlangs 'n preek gehoor waar die prediker se dat die aarde aan God behoort en dat ons dit moet terug vat as christene. Ek stem heeltemal saam met die gedig. My seun vra my oor die bedelaars by die verkeerslig, en ek verduidelik dat dit nie God se plan is nie, Sy plan is Jer 29:11 "Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, ..., gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee".

 Email Arrie Vorster & Add A Comment
hide
TO: Arrie Vorster







 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook