Teachings  + My music  + Praise songs & Quitar chords  + Afrikaans Kultuur  + Afrikaanse Musiek  + Afrikaanse MP3  + SA Resepte  + Books  +
3 pages ago -> 2 pages ago -> Previous page

Artiekels

* ONTHOU JY NOG?.....
16, Aug, 2010





* AFRIKAANS IS BETER
05, Aug, 2009

* Liewe Daantjie
05, Aug, 2009

* Roekelose Woordeboek
05, Aug, 2009

* Speak Chinese
05, Aug, 2009



* Afrikaanse Rekenaar Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaanse Motor Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaanse Wyn Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaans Speakers
05, Aug, 2009





* OOM LEEU
05, Aug, 2009

* Prokureur kry vir hom!
05, Aug, 2009

* Wat n Situasie
05, Aug, 2009



Vingerbord - Hoe dit te maak, en hoe om dit te speel

Vinnge verduideliking hoe om vingerbord te speel en te maak

Hier is die afmetings hoe tips om jou eie vingerbord, (fingerboard, of buckatel board) te bou. Vele winterdae en aande het baie families lekker gespeel as kinders in almal goed vermaak. Hier in die UK kan jy nie die bord koop nie, maar dit kan gemaak word. My ma het vir my die skiet skuwe gestuur van SA af (dit is by Game gekoop)

Stap 1:
Die bord is 78 cm wyd,
die kante is 70 mm wyd, en 20 mm dik,
die diepte van die speelvlak is 32mm diep,
die diepte van die gate waar die stuiwe in val is 38 mm diep,
die sirkel is 180 mm in deursnee,
die halfmaan kante is ook 180 mm in deursnee,
die gate is 'n kwart sirkel, so 90 mm van middel tot buitelyn. (ek het my bord 75 cm gemaak en dit het nog steeds goed gewerk)

Stap 2: Begin bou

Kry 4 plankies wat 70 cm breed is en 20 dik is, plak dun strokies plankies 35 mm van die een kant af vas, sodat hulle omtrent in die middel van die plankie lê, (die hardboard is 3 mm) dus sal die speelvlak 32 mm diep lê. Aan albei kante moet die strokies 90 cm van die eindes af begin (om plek te maak vir die gate) , ek het die strokies vas geplak en 'n paar spykers in geslaan om dit goed vas te sit.

 maak 'n vingerbord stap 1

Stap 3: Maak die hoeke

Ek het die hoeke ge'dovetail' om seker te maak dit val nie uit mekaar nie, is nie 'n profesionele houtwerker nie, so dit is maar 'n bietjie 'sloperig', maar julle sal die idee kry, ek het die vier hoeke so uitgemerk dat hulle by mekaar sal inpas. (Net 'n woord van advies, voor jy die hoeke vas gom (met houtgom) sit eers die speelvlak in dan kan jy seker maak die hoeke is presies 90 grade, gebruik ook 'n 'setsquare')

 Maak van vinger board stap 2

Stap 4: Sny die binnebord, speelvlak uit

Sny die speelvlak uit hardboard (baie mense polish die speel valk later met was, of sit babapoeier op om die glad te maak). Die beste manier om die sirkel te kry is om 'n passer te gebruik om 'n lint met potloot, die een ent in te slaan met 'n spyker die ander styf te hou, en die potloot in 'n sirkel / half maan te trek. Sny dan die boek uit, 90 mm van die kante af. Sit die bord in die raam, gom dit vas en slaan vas met klein spykertjies. Gom ook dan die hoeke, 'dowels' kan gebruik word om seker te maak dit is stewig.

 fingerboard, step 3Vingerbord, bou jou eie
vingbord frame, goons
vingbord frame, goons
Vingerbord, kry die middel punt en maak sirkel
vingbord frame, goons

Stap 5: Vul die gate op.

Die gate kan toegemaak word met materiaal, of dwarsplankies kan agter vasgeslaan word, en dan kan hulle toegemaak word met hardboard, nes jy wil. Jy kan slefs 'n laai inbou om die stukke permanent te bêre, om seker te maak hulle raak nie weg nie.

Hier is die reëls soos ek dit het.

Die rëels is baie soos 'pool'.
Jy skiet met jou skuiwer ('goon') vanuit jou half maan.
Twee spelers oorkant mekaar is spanmaats.
Die kleur wat jy eerste inskiet is jou kleur.
As jy die ander span se kleur inskiet kry die volgende speler twee skote.
As jy jou goon in skiet, haal jy een van jou kleure uit en die volgende een kry twee shots.
As jy jou goon van die bord afskiet, kry hulle twee shots.
As jy 'n kleur van die bord af skiet kry hulle twee shots, die kleur kom terug in die middel.
As enige kleur in jou halfmaan kom kan jy dit skuif waar jy wil in jou halfmaan.
As jy die wit (kleur waar van net 1 is) inskiet, verloor jy die spel.
(Ons het altyd gespeel jy haal 2 uit om die spel maar aan te laat gaan)
Jy kan jou goon 'n opposisie se kleur laat eerste raak, so lank hy net nie ingaan nie.
Al die reels wat ek vergeet het, maak hulle maar op, solank almal in een spel net dieselfde reëls hou.

Sterkte!!

vingerboard, vingerbord, buckatel, finger pool, afrikaanse speletjies.

geskryf deur Gabriel Kolbe


Say your say

elma added a comment.

Kan jy asb vir my se hoeveel pitte of goons het vingerbord? Dankie

Say your say

Rikus added a comment.

Hallo weet jy dalk waar ek i vingerboard kan koop ek kry net nerens ene nie as j kan help dankie

Add A Comment