Mike en die Inbrekers
Mike kom by die huis en sien hulle het sy huis leeg gesteel. Hy skakel die polisie, maar tipies neem dit maar lank voor hulle kom. Hy begin net goed opgewerk raak toe die voordeurklokkie lui. Toe hy die deur oopmaak staan die polisieman daar met met Ray-bans en sy polisiehond aan 'n leisel.
"Nee magtig" sê Mike. "Eers steel hulle my huis leeg en nou stuur hulle vir my 'n blinde polisieman!"
Meer Uitdrukkingsvolle Afrikaans
Minder konvensionele (maar meer beskrywende) Afrikaanse vertalings vir Engelse woorde:
backseat driver = skouervlieg
balls-up = knaterflater
blind date = moljol / steekproef
brandy = polisiekoffie
cabby hole = vroeteldoos
chaperone = voëlverskrikker
cycle pants = voëlverklikker
dagga = rondkyktwak
doggie bag = brakkiepakkie / woefkardoes
face-lift = hysbakkies
go-go girl = wikkeldoedie
gynaecologist = koekeloerder / kwaksalwer
hairdresser = dollaklitser
helmet = pletterpet
make-up = jeugdeeg
massage parlour = streelperseel
pimp = hoerboer
quikie = japtrapkap
rapper = rymkletser
sales rep = kommissiekabouter
stapler = draaddrukkertjie / papiervampier
stew = vleismoles
stress = gemoedsbekakking
tantrum = baba-dans / vloermoer
toi-toi = vakbond-vastrap / williewerkie-wals
toothbrush = bekskrop
toyboy = katelknapie / pompjoggie
Dolle Definisies
HUWELIKSERTIFIKAAT : 'n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk.
KRAAI : Spreeu in 'n aandpak.
KREDIETKAART : Iets wat meeste mense gebruik wanneer hulle ontdek geld kan nie alles koop nie.
VLEISBRAAI : 'n Partytjie waar die kos so 'n bietjie rou en die gaste so 'n bietjie gaar is.
WITTEBROOD : Die vakansie wat 'n man neem voordat hy vir 'n nuwe baas begin werk.
ALMANAK : 'n Kaart waarop jy kan sien hoe om by Kersfees uit te kom.
AMBULANS : Kombi met diskoligte.
BAAS : Wat Ma vir Pa laat dink hy is.
BABA : 'n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.
BABAWAENTJIE : Verlede jaar se pret op wiele.
BEGROTING : Iets wat jou laat wakker lê nog voor jy jou geld bestee.
BELASTING : Die beloning vir energie, harde werk en spaarsamigheid.
BOOM : Iets wat jare op een plek bly staan en dan skielik op 'n dag voor
'n voertuig inspring.
BROMMER : Vlieg met 'n dieselengin.
BRUIDEGOM : Imand wat hom teen iets taais vasgeloop het.
BRUNET : Uitgebrande blondine.
DIËET : 'n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.
EEND : 'n Hoender met roeispane vir voete.
EIER : 'n Voël se geboortedo(r)p.
ETENSTYD : Die enigste tyd wanneer 'n kind nie wil eet nie.
GERAAMTE : Iemand met sy binnekant buite en sy buitekant weg.
GESINSVAKANSIE : Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom.
GEWETE : Iets wat pla as alles baie lekker gaan.
HELIKOPTER : Eierklitser met ambisie.
INRYTEATER : 'n Plek waar jy ou prente en jong paartjies aantref.
KARSIEK : Dit wat jy elke maand kry as jy die paaiement moet betaal.
KORTPAD : 'n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te sê waar jy is nie.
LEKTOR : Iemand wat die rare talent het om 'n student aan die slaap te praat.
MATRIEKSERTIFIKAAT : Kwitansie wat 'n kind ontvang vir die rekening wat sy pa betaal het.
MIDDELJARE : Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil.
MÔRE : 'n Plek waar jy alles kan aflaai wat jy gister moes gedoen het.
NOODHULP : Jou kans om gesond te kry voor die dokter jou beetkry.
OUDERDOM : Wanneer jou ledemate harder kraak as jou stem.
POU : 'n Hoender wat blom.
PREDIKANT : Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaanbaar.
ROLSKAATSE : Tekkies sonder remme.
SNIPPERMANDJIE : Iets wat tieners altyd mis kyk.
SNOR : Bolip wat uitrafel.
TAKT : Die vermoë om jou mond toe te maak voor iemand anders dit vir jou doen.
WEERVOORSPELLER : Iemand met wie die weer nie altyd saamspeel nie.
Eksotiese Danseresse
Mike antwoord 'n advertensie in die koerant: "Gewillige werker gesoek. Maklike werk, regverdige betaling."
"Wel, dis redelik eenvoudig," sê die agent wat die onderhoud met hom voer. "Ons kliënt is 'n klub met eksotiese danseresse, en hulle soek iemand om die meisies tussen vertonings met olie in te smeer."
Dit klink redelik, dink Mike.
"Kan jy more in Bloemfontein wees?" vra die agent.
"Is die klub in Bloemfontein?" wil Mike verbaas weet.
"Nee, die klub is in Johannesburg," antwoord die agent. "Maar die ry aansoekers trek nou al in Bloemfontein."
Een Aand Op 'n bus
'n Man wat hoog in die takke was, klim een nag op die bus. Hy steier in die gangetjie op en val neer langs 'n bejaarde dame. Sy kyk hom op en af en sê: "Ek het nuus vir jou. Jy is reguit op pad hel toe." Die man spring op en roep: "Stop, stop! Ek is op die verkeerde bus!"
Chinese
Volgens statistici is 1 in elke 5 mense in die wêreld Chinees. Ons is 5 mense in my familie, dus moet een van my familielede ook Chinees wees. Miskien is dit my ma of my pa. Of my ouer broer Frikkie. Of my jonger broer Lee Wong. Maar ek dink dis Frikkie.
Sondagskool
Die seuntjie kom laat by die sondagskool aan. Sy juffrou weet dat hy altyd baie pligsgetrou is en vra toe of daar iets verkeerd is. Hy vertel toe dat hy wou gaan visvang maar dat sy pa gesê het dat hy kerk toe moet kom.
Die juffrou was baie beïndruk en vra toe of sy pa vir hom verduidelik het waarom hy liewer moet kerk toe kom as om te gaan vis vang.
"Ja, Juffrou," antwoord die seuntjie. "Hy't gesê hy het nie genoeg aas vir ons altwee nie!"
Koei se kind!
Die juffrou vra: "Klas, sê vir my wat gee hoenders?"
Marietjie antwoord: "Eiers, Juffrou."
"Nou wie kan vir my sê wat gee boerbokke?"
Sannie sê "Bokmelk, Juffrou."
"En wat gee 'n koei ons?"
Jannie antwoord "Wiskunde en huiswerk, Juffrou!"
Die Kreuner
In 'n teater vir volwassenes in Amsterdam sit 'n man vreeslik en kreun, soveel so dat die bestuurder geroep word om hom te kom stilmaak.
"Ooh... ah... ooh," kreun die man.
"Meneer," vra die bestuurder beleefd. "U steur die ander klante in my teater as u so lawaai. Kan dit miskien iets stiller?"
"Ooh.. ah... ek sien die probleem... ooh... ek sal probeer.. ooh," kreun die man terug.
Maar die kreunery gaan voort, en 'n polisieman word gebel om hom te kom verwyder.
"Wat is u naam?" vra die polisieman.
"Ooh... Van der Merwe... ah," antwoord die kreuner.
"En waar kom u vandaan?" wil die polisieman weet.
"Ooh... van die balkon... ah..."
Van der Merwe en die Kamele
Van der Merwe is op toer deur die Midde-Ooste, en hy kom af op 'n skare mense wat saamdrom. "Wat gaan hier aan?" vra hy aan een van die toeriste agteraan die menigte.
"In vyf minute kom hier 'n prosessie verby, 'n karavaan kamele met skamel geklede meisies op!" sê die man opgewonde.
"Wel, dan wag ek ook," sê Van der Merwe. "Ek het jare laas 'n kameel gesien!"
Op Vakansie
Mike bekla sy lot by Kallie. "Man, elke keer wat ek met vakansie Durban toe gaan raak my vrou swanger. Drie vakansies nou al, en drie kinders later."
"Dis 'n moeilike saak," sê Kallie. "Ek neem aan jy gaan nou maar iewers anders heen vir jou vakansie?"
"Nee," antwoord Mike. "Ek het besluit om haar maar net in die vervolg saam te vat."
Warm Groete
['n Ou bekende grap in Afrikaans, met 'n nuwe verwerking.]
'n Egpaar van Gauteng het een winter besluit om vir 'n langnaweek na Durban te gaan om 'n bietjie te ontdooi. Omdat hulle albei werk, kon hulle nie saam vlieg nie. Die man het dus reeds die Donderdag vertrek en sy vrou sou hom die volgende dag volg.
By sy aankoms het hy by die hotel ingeboek en toe 'n e-possie aan sy vrou gestuur. Ongelukkig het hy een letter in haar adres verkeerd getik, sodat die boodskap by iemand anders uitgekom het.
In Bloemfontein het 'n weduwee pas van haar man se begrafnis af teruggekom. Hy was 'n geliefde leraar wat ná 'n hartaanval oorlede is. Die weduwee het gou gaan e-pos aftap, in die verwagting om troosboodskappe van familie en vriende te kry. Toe sy die eerste boodskap lees, val sy flou neer. Haar seun storm die kamer in en kry sy ma op die vloer, en sien die volgende boodskap op die skerm:
To: My geliefde vrou
From: Jou liefhebbende man
Subject: Ek het aangekom!
Ek het sopas aangekom en is ingeboek.
Ek sal sorg dat alles gereed is vir jou
koms môreoggend. Ek sien daarna uit
om jou weer te sien! Hoop jou reis is
net so voorpoedig soos myne. Liefde!
NS: Dit is regtig baie warm hier onder!
'n Vreemdeling in die nag
Kallie lê een aand rustig en slaap toe 'n geklop aan die voordeur hom wakker maak. Hy rol om en kyk na sy wekker: dis half-vier die oggend. Se moer, dink hy, en slaap verder.
'n Minuut later begin die geklop weer, hierdie keer harder.
"Gaan jy nou oopmaak of nie?" wil sy vrou weet. "As dit so aangaan kry niemand vanaand slaap nie."
Dus sleep hy homself maar uit die bed uit, af met die trappe, en maak die deur oop. In die donkerte staan 'n vreemdeling.
"Hello daar!" sê die vreemdeling. "Kan jy kom help stoot?"
"Nee, dis half-vier, ek was aan die slaap. Gaan weg!" brom Kallie en slaan die deur toe. Terug in die bed wil sy vrou weet wat gebeur het.
"Kallie, jy's 'n vark," sê sy na hy haar vertel het. "Onthou jy daai keer toe ons kar in die middel van die nag in die reën gaan staan het, en jy by vreemdelinge vir hulp moes gaan aanklop? Daai ou omie en sy seun het ons met liefde gehelp. Wat sou gebeur het as hulle jou weggejaag het?"
Kallie se gewete pla hom nou, so hy staan maar weet op, trek sy kamerjas en pantoffels aan, en stap af ondertoe. Hy maak die voordeur oop, en skree: "Haai, moet ek nog help stoot?"
In die verte antwoord 'n stem: "Ja, asseblief!"
Kallie kan die vreemdeling nog steeds nie sien nie. "Waar is jy?"
"Hier na regs, op die swaai!"
Die Wyse Man
Sneeuwitjie, Arnold Swcharzenegger en Saddam Hussein gesels een middag oor tee.
Sneeuwitjie sê: "Ek is sekerlik die mooiste vrou in die wêreld, maar hoe sal ek seker weet?"
Swcharzenegger sê: "Ek is sekerlik die aantreklikste man in die wêreld, maar hoe sal ek seker weet?"
Saddam sug en sê: "En ek is sekerlik die mees gehate mens in die wêreld, maar hoe sal ek ooit seker weet?"
"Ek het 'n plan," sê Sneeuwitjie. "Kom ons gaan vra die Wyse Man."
So sit die drie af na die plaaslike Wyse Man.
Sneeuwitjie gaan eerste die Wyse Man se hut binne. Toe sy uitkom sê sy: "Dis waar, dis waar! EK is die mooiste vrou in die wêreld!"
Arnold gaan volgende, en hy kom stralend uit: "Ja! Ek is inderdaad die aantreklikste man ter wêreld!"
Saddam kry sy beurt, en kom vreeslik teneergedruk uit: "Wie de hel is Kader Asmal?"
'n Eerbare Man
Mike en sy verloofde se troudatum kom vinnig nader. Sy skoonma reël byna alles: kerk, musiek, fotograaf, blomme, spyskaart. Nie net is sy fluks nie, sy is ook nog verdomp sexy ook.
Op 'n dag is Mike by sy skoonfamilie se huis, besig om saam met sy skoonma deur die gastelys te gaan. Sy aanstaande vrou was uit saam met 'n paar vriendinne om haar trourok te laat pas, en sy aanstaande skoonpa was by die werk.
Enorm was sy verbasing toe sy skoonma nader skuif en fluister: "Mike, ek vind jou besonder sexy. Gespierd. Aantreklik. Ek is bly jy trou met my dogter. Maar wat sê jy ons gun onsself een middag van vleeslike plesier voor die troue?"
Sy staan op en stap sensueel die trappe op na haar slaapkamer. Bo-aan die trappe kyk sy een maal terug en sê: "Jy weet waar die slaapkamer is, en as jy te bang is weet jy waar die voordeur is..." Daarmee verdwyn sy om die hoek.
Vir 'n volle minuut bly Mike sit, sy hart klop soos 'n resiesperd, sy bene voel pap.
Skielik spring hy in aksie en hardloop soos 'n wafferse atleet vir die voordeur. Buite gekom skrik hy hom lam: sy aanstaande skoonpa staan met 'n glimlag by sy kar en wag.
"Seun," sê hy vir Mike, "Ek sal nie toelaat dat sommer enige man met my dogter trou nie. Die regte man moet eerbaar wees, iemand van inbors. Jy het hierdie toets geslaag, en ons weet nou jy is die regte man. Welkom by die familie."
Die les wat Mike hieruit geleer het: hou altyd, maar altyd, jou kondome in die kar eerder as jou broeksak.
Moeilike Plekname
Twee Engelse toeriste is op reis deur Suid-Afrika. Op 'n dag kom hulle by 'n dorpie uit waarvan nie een van hulle die naam kan uitspreek nie. Op hul pad deur die dorp stry hulle een stryk deur. Vir middagete stop hulle by 'n plaaslike wegneem restaurant. Toe die meisie agter die toonbank hul bestelling wil neem, vra hulle haar om hul geskil op te los. "Voor ons bestel, kan jy ons sê hoe spreek mens die naam van hierdie plek uit?"
"Ja seker," sê die meisie. "Dis Wi-i-i-mpy Ba-a-a-r."
Mike en sy Pikkewyne
Die polisie stop vir Mike met 'n kombi vol pikkewyne.
"En waar dink jy gaan jy met hierdie pikkewyne?" wil die konstabel weet.
"Hierdie pikkewyne is almal my vriende," antwoord Mike. "Ons ry maar net 'n bietjie rond."
"Nee, nee, dit mag nie," sê die konstabel, en beveel Mike om die pikkewyne dadelik dieretuin toe te vat.
Die volgende dag stop dieselfde konstabel vir Mike op dieselfde plek, weer met die kombi vol pikkewyne. Hierdie keer het die pikkewyne egter almal sonbrille op.
"Ek dog ek het jou gister gesê om die pikkewyne dieretuin toe te vat?" vra die konstabel kwaad.
"Maar ek het," antwoord Mike. "En vandag gaan ons strand toe."
'n Pappegaai in Besigheidsklas
Koos vlieg besigheidsklas tussen Kaapstad en Johannesburg, en hy is besonder verbaas om te sien dat die passasier in die stoel langs hom 'n pappegaai is.
Toe die lugwaardin verbykom, vra Koos vir 'n koppie koffie.
"En vir my 'n whiskey, jou koei!" snou die papegaai haar toe.
Die lugwaardin is so verbaas dat sy die whiskey bring, maar Koos se koffie vergeet. Toe Koos haar daarop wys dat hy nog wag vir sy koffie, skree die papegaai vir haar: "En bring vir my nog 'n whiskey, jou koei!"
Duidelik ontsteld kom die lugwaardin terug met die papegaai se whiskey, maar weereens sonder Koos se koffie. Nie heeltemal seker hoe om sy koffie te kry nie, besluit Koos om die papegaai se metode te gebruik.
"Ek het jou nou al twee maal vir koffie gevra, jou simpel ou koei. Bring dit nou voor ek kwaad word!"
Die volgende oomblik het die kaptein en 'n paar van die manlike passasiers vir Koos en die papegaai beet en dra hulle na die nooduitgang toe. Net voor hulle uitgegooi word sê die papegaai aan Koos: "So, vir iemand wat nie kan vlieg nie het jy nogal 'n groot bek!"
Varke Teel
'n Boer uit die Suid-Kaap koop 'n paar varke, met die hoop om produkte soos spek en ham te kan produseer. Na 'n paar weke was nog nie een van die varke dragtig nie, en die boer raak bekommerd oor sy belegging. Die plaaslike veearts word geroep, en na 'n deeglike ondersoek sê die spesialis daar is niks fout met die varke nie.
"Dalk moet jy kunsmatige inseminasie probeer," stel die veearts voor.
Die boer het nie die flouste idee wat dit beteken nie, maar hy wil nie oningelig klink nie. "En hoe sal ek weet wanneer die varke dragtig is?" vra hy eerder.
"Sodra die varke dragtig is sal hulle nie meer so rondstaan nie, maar lê en in die modder rol," antwoord die veearts.
Die boer het lank oor die voorstel van kunsmatige inseminasie gedink, en uiteindelik besluit dit beteken dat hy self die varke dragtig moet kry. Dus, eerste ding die volgende oggend laai hy die varke op sy lorrie en ry uit na 'n verlate skuur. Daar gee hy elkeen van die varke 'n beurt, en bring hulle weer terug na die plaas toe.
Die dag daarna gaan kyk hy angstig of die varke al lê, maar nee. Hulle staan nog net so rond, nie een is dragtig nie. Dus laai hy hulle maar weer op die lorrie, ry uit na die skuur toe, en -- net om seker te maak -- gee elkeen twee beurte. Hopelik sou dit die ding doen.
Maar die volgende oggend is die uitslag nog steeds negatief, nie 'n enkele vark lyk dragtig nie. Dus, dieselfde prosedure. By die skuur gekom kry elke vark hierdie keer drie beurte, 'n inspanning wat die boer die hele dag neem en hom uitgeput na sononder by die huis aanbring.
Die volgende oggend pyn elke spier in sy lyf, en hy kan skaars uit die bed opstaan. Hy vra toe maar sy vrou om te gaan kyk of die varke al in die modder rol.
"Nee, dis die vreemdste ding," sê sy vrou toe sy terugkom. "Die varke staan almal agter op die lorrie en een blaas die toeter!"
Wat is politiek?
'n Seuntjie vra aan sy pa: "Pa, wat is politiek?"
Die pa krap sy kop en dink 'n rukkie. "Sien, eintlik is dit heel eenvoudig," sê hy.
"Ek bring die geld huis toe, dus verteenwoordig ek KAPITALISME."
"Jou ma beheer die geld, dus is sy die REGERING."
"Oupa hou 'n ogie dat alles in die gesin glad loop, dus is hy die OWERHEID."
"Die bediende is die WERKERSKLAS."
"Ons het almal maar net een doel in die lewe, naamlik jou welsyn. Dit maak van jou die VOLK."
"Jou kleiner boetie in sy doeke is die TOEKOMS."
Die seuntjie sê dis goed so, hy sal daaroor gaan dink.
Daardie nag word hy wakker van sy boetjie wat huil met 'n vuil doek. Omdat hy nie weet wat om te doen nie, staan hy op en stap na sy ma-hulle se slaapkamer. Net sy ma is daar, en sy slaap so vas hy kan haar nie wakker kry nie.
Hy stap aan na die bediende se kamer toe, waar hy sien dat sy pa by haar in die bed lê en met vreemde dinge besig is. Hy merk ook op dat sy oupa skelm deur die venster loer. Almal is so druk besig en vasgevang in die situasie dat nie een van hulle hom opmerk nie. Die seuntjie besluit dus om maar te gaan slaap, daar is niks wat hy aan die saak kan doen nie.
Die volgende oggend vra sy pa of hy politiek nou verstaan, en dit in sy eie woorde kan uitlê.
"Ja," sê die seuntjie. "KAPITALISME bevark die WERKERSKLAS terwyl die OWERHEID net kyk en die REGERING slaap. Die VOLK word heeltemal geïgnoreer en die TOEKOMS bring net kak."
Omie by die Bieg
'n Omie van in die tagtig storm op 'n dag die biegstoel van sy plaaslike Katolieke Kerk binne.
"Vader, ek moet bieg," sê hy.
"Ek is 82 jaar oud, en so iets het nog nooit met my gebeur nie. Ek stap nog rustig in Voortrekkerweg af, toe stop 'n pragtige meisie van so 20 my om pad te vra. Ons begin gesels, en die volgende wat ek weet is ons in haar woonstel en ons het die hele middag lank wonderlike liefde bedryf."
"So," antwoord die priester versigtig. "Wanneer was jou laaste bieg?"
"O, ek was nog nooit by die bieg nie," erken die omie.
"Waarom nie?" wil die priester weet.
"Ek is Joods, my van is Silberstein," antwoord die omie.
"Maar waarom vertel jy jou storie dan aan my?"
"Verdomp!" sê die omie. "Ek vertel my storie aan almal!"
Mike en die Bergbewoner
Mike bly vir 'n paar dae in die Desembervakansie in 'n afgeleë hut in die Drakensberge. Op 'n dag kom 'n permanente inwoner van die berge in die voetpad voor Mike se hut opgestap. Sy klere is oud en verflenter, daar is gras en hoendervere in sy baard, en hy het byna nie 'n tand in sy mond nie.
Die bergbewoner sê aan Mike, "More. Nogal eensaam hier bo, is dit nie?"
"Ja, nou dat jy dit noem," antwoord Mike. "Ek is maar 'n paar dae hier, en ek voel die eensaamheid al klaar."
"Wel," sê die bergbewoner. "Ek woon 'n paar heuwels wes van hier, en ek hou vanaand 'n bergpartytjie. Toe dink ek dalk wil jy oorkom."
Mike wil nie ongeskik wees nie, so hy klink net vaag. "Ek weet nie eintlik wat 'n bergpartytjie is nie..."
"Ag, 'n bergpartytjie is maar net 'n gedans, 'n gelag, 'n gedrink, 'n bakleiery en seks."
Dit klink vir Mike nie té sleg nie. "Wel... dan sal ek seker oorkom. Is daar iets wat ek moet saambring?"
"Nee wat," sê die bergbewoner. "Bring maar net jouself."
"En wat trek 'n mens aan vir so 'n bergpartytjie?" vra Mike.
Antwoord die bergbewoner, "Hel, dit maak nie saak nie. Dis maar net ek en jy."
Antwaarps Wors
Om die vlak van humor op Afrikaans.be te lig, bied ons wat waarskynlik die wêreld se eerste gemengde Afrikaans/Antwerpse grap is (dankie aan Caroline vir die Antwaarps moppeke!):
'n Vrou uit Antwerpen braai 'n wors in 'n pan. Sy sny die wors se twee punte af, en haar man wil weet hoekom.
"Schatteke, woroem snaade gaa dei tsjoepkes er altaa af?"
Die vrou antwoord, "Ik weit nie, da moette gaa is aon maan moeder vraoge, dei doet da oek altaa..."
So gesê, so gedaan, en die twee stap 'n paar huise aan om haar ma te gaan vra hoekom sy altyd 'n wors se punte afsny.
"Mama," vra die vrou. "Woroem snaade gaa van dei wors altaa dei tsjoepkes der af?"
"Wel schat," antwoord haar ma. "Da moete we is aon de Bomma vraoge die deed da oek altaa."
Die volgende dag stap die hele groep oor na Ouma se huis om te gaan hoor hoekom sy altyd 'n wors se punte afsny.
"Bomma?" vra hulle. "Woroem snaade gaa altaa dei tsjoepkes van dei worst as gaa staot te bakke?"
"Oooh, jao... dei tsjoepkes..." sê Ouma. "Ik weit het nie mieje, maor ons Mémé deed da oek altaa, damoete we heur toch is vraoge..."
"Ons Mémé? Dei is al honderdentwieje jaor oud!" roep iemand verbaas. "We willenet toch weite!" Daarop stap die hele familie oor na die ouetehuis waar Oumagrootjie nou woon.
By die ouetehuis aangekom vra hulle dadelik, "Mémé, woroem snaade gaa dei tsjoepkes altaa van de worst?"
Oumagrootjie is effens doof. "Wablief?" skree sy.
"MÉMÉ, WAA SNAADE DEI TSJOEPKES VAN DE WORST, WOROEM DOEN WAA DA?"
"WATTE?" antwoord sy. "BAKTE GOLLE NOG ALTAA INDA KLAAN PANNEKKE?"
Die voordele daarvan om 'n Suid-Afrikaner te wees
- Jy hoef nie meer met die bure by te hou nie - hulle het geëmigreer.
* Jy kan nou wurms en rou vleis eet en nie meer as afstootlik beskou word nie.
* Jy kry nou swak diens in 11 verskillende tale.
* Waar anders kry jy by die rugby lemoene met 'n alkohol inhoud van 45%?
* Die Amerikaners sal nie 'n atoombom op jou gooi nie, hulle weet nie meer dat jy bestaan nie.
* Niks is meer jou fout nie - dit is alles apartheid se fout.
* Jy kan nou elke drie maande 'n nuwe motor koop en die versekering betaal daarvoor.
Egte Kaapse humor
Juffrou vra vir Gatiep om sinne te maak met "gewig" en "massa".
Gatiep se antwoord: My pa sê vir my ma, "Djy moet gewig veloer djou vetgat". My ma antwoord, "Djou massa moer!"
Keuteltjies Op Die Mat
Aangestuur deur G. Raw.
As jy nou in Adam Barnard se wêreld kom, daar by Rietbron in die Kaap, dan sien jy net dorperskaap en regte Karoo bossiewêreld.
Die Kirby verkoopsman het rondgebel vir besigheid en vir tant Soes Barnard op die plaaslyn gekry. Hy reël toe dat hy haar die Saterdag in die dorp self sou kry, en dan agter haar sal aanry met die tweespoor plaaspaadjie tot by haar opstal, sodat hy nie sal verdwaal nie.
Sy woon so heel in die boendoes, in so 'n groot kliphuis wat haar oorleë man gebou het.
"Koos, sal jy tee drink?" vra sy vriendelik, toe hulle by die sitkamer instap.
"Dit sal lekker smaak, Mevrou Barnard." sê hy ewe beleefd.
Terwyl Koos daar sit en wag vir tee, kom daar so 'n bruin worshondjie ingedraf. Die brakkie kyk vir Koos so op en af, gaan staan daar eenkant by die kofietafeltjie, trek sy ruggie so krom en druk drie mooi langwerpige keuteltjies op die mat af.
Koos weet nie so mooi wat om te doen nie, en besluit maar om die episode as 'n verkoopspunt te gebruik, wanneer hy sy Kirby gaan demonstreer.
So tussen die teedrinkery deur, vertel hy met entoesiasme hoe wonderlik die stofsuier is wat hy wil demonstreer. Nadat hy al die voordele bespreek het, en die Tante aandagtig na hom luister, sê Koos: "Mevrou Barnard, sien u daardie keuteltjies op die mat? As my masjien dit nie vandag opsuig en die kol op die mat netjies verwyder nie, beloof ek vir Tannie dat ek dit sal opeet!"
Sy staan so ewe op, skep 'n teelepeltjie suiker en strooi dit so oor die keuteltjies.
"En nou? Hoekom gooi Mevrou suiker daaroor?" vra Koos dronkgeslaan.
"Sommer om dit meer eetbaar te maak. Koos, jy sal maar moet begin eet, want hier op die plaas sit ons sonder elektrisiteit."
Koos sien die Hemel
'n Ouer grap uit die jare Tagtig, oorvertel deur Leon van den Berg op die PRAAG poslys.
Koos besoek Moskou in die toentertydse Sowjetunie, kry 'n hartaanval en is reeds dood toe hy by die hospitaal aankom. 'n Knap jong hartspesialis gebruik al die modernste tegnologie en metodes om Koos by te bring, maar vergeefs. Die spesialis volhard egter en Koos kom ná 'n lang gesukkel by.
Twee weke later, terwyl Koos aansterk, besoek die Russiese premier hom en wens hom geluk. Hy sê hoewel Rusland nie 'n Chris Barnard het nie, het dié jong spesialis nie te sleg gevaar nie en hy hoop Koos sal tuis gaan vertel hoe hy uit die dood teruggebring is.
Die premier sê: "Ons Kommuniste glo natuurlik nie in 'n god se bestaan nie, maar net vir die interessantheid - het jy enigiets gesien wat God genoem kan word?"
Stadig maar ernstig antwoord Koos: "Ja, meneer die eerste minister, om die waarheid te sê het ek met God gepraat. Dit was wonderlik."
Die Russiese leier was sigbaar geskok: "Moet vir net mooi niemand daarvan vertel nie, asseblief. Sê net wat jy wil hê, ons sal jou enigiets gee, solank jy net vir altyd hieroor swyg?
" 'n Goed toegeruste plaas van 5 000 morg in die Vrystaat, niks minder nie" sê Koos en hy word verseker dat dit presies is wat op hom sal wag.
Onderweg terug na Suid-Afrika via Rome word hy onderskep en na die Pous in die Vatikaan geneem.
Die Pous vra hom of hy God gesien het en hoe hy dit ervaar het. Koos kyk die Pous reguit in die oë en sê: "As 'n toegewyde Christen was ek erg geskok om uit te vind dat daar geen God is nie - niks nie."
Die bewoë Pous smeek Koos om vir altyd daaroor stil te bly en belowe om hom enigiets in ruil vir sy stilswye te gee. Weer vra Koos 'n goed toegeruste plaas van 5 000 morg in die Vrystaat.
By die lughawe Jan Smuts aangekom, gryp manne in donker pakke en met grys skoene hom en vat hom eers na sy huis om te gaan bad en skoon klere aan te trek voordat premier John Vorster 'n bietjie met hom wil gesels.
Koos se vrou is baie opgewonde oor sy vertellings oor hoe hy dit reggekry het om die twee plase te bekom, maar sê skielik:
"Dis nou alles goed en wel, Koos, maar ons het drie seuns en jy het net twee plase gekry."
Koos glimlag breed. Moenie wroegie, ou vrou, ek is netnou op pad na premier Vorster en hy gaan beslis vra wat ek gesien het. Hy gaan vra of ek God gesien het terwyl ek dood was. En ek gaan sê - ja, ek het, en Hy is swart."
Brugbouers
Van der Merwe stap op die strand naby Knysna, en tussen die duine ontdek hy 'n olielamp. Natuurlik vryf hy die lamp, en natuurlik verskyn daar 'n gees. "Wat is jou wens, Meester?" wil die gees weet.
Van der Merwe dink diep. "Die meeste van my familie woon nou in Australië. Die meeste van my vriende woon in Australië. Ek wil graag 'n brug tussen Suid-Afrika en Australië hê, sodat ek so af en toe vir 'n naweek kan oorry om te gaan braai."
Die gees in die lamp skud sy kop. "Dis 'n vreeslike wens. Weet jy hoe lank so 'n brug sal moet wees? Die hoeveelheid beton wat nodig sal wees om dit aan die bodem van die see te anker? Die tienduisende kilometer staal kabels om die ding regop te hou? Die miljoene lampies om dit in die nag te verlig? Wil jy nie die saak goed deurdink en iets anders kies nie?"
Van der Merwe dink weer. Daar is nie regtig iets anders wat hy wil hê nie, so hy gryp maar die eerste gedagte wat verbykom. "Ek wil vrouens kan verstaan. Ek wil kan weet hoekom hulle huil wanneer hulle huil, hoekom hulle kwaad is wanneer hulle kwaad is, en hoekom hulle stilstuipe kry."
Die gees oorweeg die saak vir 'n oomblik, en vra: "Twee of vier bane vir die brug?"
Bybelverkope
Die Bybelgenootskap se winkel het 'n bordjie buite wat lees: "Man/vrou gesoek vir deur-tot-deur verkoop van Bybels". 'n Man stap binne en sê, "E-e-e-k s-s-s-s-s-ou g-g-g-g-raag w-w-ou-ou aa-aa-nsoek d-d-d-oen."
Die vrou agter die toonbank is nogal verbaas. "Dink u dat u 'n goeie verkoopsman sou wees, met u spraakgebrek?"
"J-j-j-a," antwoord die man. "G-g-g-ee my 'n k-k-k-kans."
Alles goed, in 'n Christelike gees besluit die vrou dat die arme man sekerlik 'n kans verdien, en hy is daar weg met 'n boks Bybels onder die arm.
Drie ure later is die man terug, sy boks leeg.
"Hoe op aarde het u dit reggekry?" wil die vrou van die Bybelgenootskap weet. "Ons beste verkoopsman verkoop nie soveel in 'n week nie!"
"M-m-m-m-aklik," sê die stotteraar. "E-e-e-k k-k-klop, hu-hu-hulle ma-ma-maak oop, e-e-e-e-n ek v-v-v-vra: w-w-w-w-il u 'n B-b-b-b-ybel k-k-k-k-k-k-koop, o-o-o-o-o-f s-s-s-s-s-al e-e-e-e-e-e-k v-v-v-v-v-v-v-voorl-l-l-l-lees?"
Slaweskip
'n Vreeslike ou grap, maar sekerlik nog steeds snaaks:
'n Galei vol slawe meer aan in die natuurlike hawe van 'n klein eilandjie. Die slawe is maar net te bly om hul roeispane te kan neersit, na weke van swoeg en sweet op die oop see. Die stuurman kom in om 'n aankondiging te maak: "Manne, ek het goeie en slegte nuus. Die goeie nuus is, ons is klaar met roei vir vandag. Ons gaan 'n wildevark braai en sommer baie rum drink. Die slegte nuus is, die kaptein wil more gaan waterski..."
Mike en die Meule
Kallie besoek vir Mike in die hospitaal, waar dié soos 'n mummie in verbande toegewikkel sit.
"Ou Mike, wat het met jou gebeur?" wil Kallie weet.
"Ag, Kallie man, ek was laas naweek saam met die familie by 'n museum met 'n ou meule. Die gids het vir ons gesê om nie ons koppe by die venstertjie uit te steek nie, want die meul se vier spane kom daar verby. En ek het hulle goed getel, die eerste, die tweede, die derde, die vierde... en toe ek my kop uitsteek is daar wragtag 'n vyfde!"
Jong Vryers
'n Polisieman op patrollie sien een aand 'n kar in 'n verlate straatjie geparkeer. By nadere ondersoek blyk dit dat daar twee tieners in die kar sit, 'n jong man voor besig om 'n rekenaartydskrif te lees, en 'n jong meisie agterin besig om te hekel.
Die polisieman klop aan die venster, en die jong man maak dit ook. "Ja, konstabel?"
"Wat doen jy?"
"Ek lees 'n rekenaartydskrif, konstabel."
"En wat doen die meisie?"
"Sy hekel, konstabel."
"Seun, hoe oud is jy?"
"Ek is negentien, konstabel," antwoord die jong man.
"En hoe oud is die meisie wat daar agter sit en hekel?"
Die jong man kyk op sy horlosie en sê: "Wel, konstabel, oor vyftien minute sal sy sestien wees."
Die Gyselaar
'n Man sit in sy kar op pad werk toe. By 'n robot sien hy 'n iemand tussen die karre afloop en iets vra by elke bestuurder. Uiteindelik kom die man ook tot by hom.
"Wat gaan aan?" wil die bestuurder weet.
"Het jy nie gehoor nie? Die president is as gyselaar gevange geneem, en die mense eis tien miljoen rand anders gaan hulle hom met petrol aan die brand steek. As patriot kollekteer ek nou van kar tot kar."
"En hoeveel gee die meeste mense?" vra die bestuurder.
"O, nie veel nie, so 'n liter sal goed wees."
Ken jy die plek?
[Hierdie fabel van verwarring doen op die oomblik die rondtes via e-pos in Suid-Afrika. Geen outeur is bekend nie, maar jy weet sekerlik wie jy is.]
Ek het getrek maar ek bly nog op dieselfde plek - maar hoe verduidelik ek dit vir mense soos sekretaresses in ander provinsies?
Ek wil 'n boodskap laat vir 'n kollega in Mpumalanga. "Vra asseblief hy moet my in Polokwane skakel", sê ek. "Waar?" vra sy en sy klink narerig, asof sy 'n mufgroen pasteitjie uit die pakkie gehaal het. "Polokwane".
"Waar is dit?"
"Tussen Mokopane en Makhado in Limpopo".
Ek kan hoor sy dink ek is of van lotjie getik of het êrens ontsnap. "Waar is dit?" hou sy geduldig vol.
Wel, beduie ek, jy ry van Tswane af, verby Bela-Bela en Modimolle. Ry deur die tolhek en hou reguit verby Mokopane, maar hou jou spoed dop want die spiedies maak geld uit jou uit as jy daar te vinnig ry. Polokwane is net na Mokopane en net voor Makhado. Ek verstaan nie mooi waarom ek die pad moet verduidelik as ek wil hê iemand moet my bel nie. "Nee wag meneer" sê sy.
"Waar is dié Makhado?"
"Tussen Polokwane en Musina" probeer ek hulpvaardig wees.
"En waar is dit?" vra sy nou duidelik erg verward. "Musina is tussen Makhado en Harare" help ek so goed as wat ek kan.
"Bly jy in Zimbabwe?" vra sy asof daar skielik 'n lig vir haar opgaan. "Nee", sê ek. "Ek beduie net vir jou waar Polokwane is."
"In Zimbabwe?" vra sy hoopvol.
"Nee, in Limpopo" help ek haar reg.
Sy sug moedeloos en sê: "Kom ons begin voor." Ek dink sy wonder of dit nie Leon Schuster is wat haar met 'n slapriem probeer vang vir een of ander advertensie nie. "Waar is Tswane?"
"Dis maklik" sê ek. "Tussen Bela-Bela en Egoli".
"Nee meneer, ek bedoel die dorp".
"Ek ook" sê ek. Ek kan hoor sy is nou by sepies terwyl ek nog by pad beduie is.
"Egoli is anderkant Tswane as jy van Bela-Bela se kant af kom" sê ek.
"Meneer", vra sy, "is jy getrek?"
"Nee", sê ek. "Ek het nie getrek nie, hulle het net die naam verander". "Wat bedoel jy hulle het jou naam verander?". "Nie my naam nie, die dorp se naam", help ek haar reg.
"Watter dorp se naam?" "Pietersburg".
"Bly jy in Pietersburg?" vra sy en ek kan hoor daar gaan nou 'n helder lig vir haar op.
"Nee", sê ek "ek bly in Polokwane maar dit was voorheen Pietersburg."
"Wragtig?" sê-vra sy.
"Wragtig" sê-bevestig ek. "So, jy skakel van Pietersburg af wat nou Polokwane is?".
"Einste", sê ek.
"Nou watter ander name het jy dan genoem?" vra sy en ek kan aanvoel dié vrou het 'n erge behoefte om iets oor die toekomsgeskiedenis van die land te wete te kom. Toe verduidelik ek: "Egoli was eers Johannesburg. Tshwane is Pretoria. As jy dan Noord ry kom jy by Bela-Bela wat eers Warmbad was, daarna by Modimolle wat Nylstroom was en Potgietersrus wat nou Mokopane is. Na Mokopane kry jy Polokwane wat Pietersburg was en daarna Louis Trichardt wat Makhado geword het. Verby Makhado kry jy Musina wat eers Messina was."
"En Messina is by die Limpopo!" jubel sy. "Ja" sê ek, "maar die Limpopo waarvan ek praat is die provinsie".
"Nou wat noem julle die rivier?" vra sy.
"Limpopo" sê ek.
"Meneer?" vra sy, "stook jy mampoer?"
'n Weddenskap
Kallie en Mike sit en kyk die tien-uur nuus op televisie. Skielik is daar 'n insetsel van 'n man wat dreig om by 'n hoë gebou af te spring. "Ek wed jou tien rand hy gaan spring!" sê Kallie. "Nou goed," antwoord Mike. "Dan wed ek jou tien rand hy sal nie spring nie."
Die volgende oomblik duik die man sierlik van die gebou se dak af en val homself te pletter op die sypaadjie. Mike skud net sy kop en betaal Kallie die tien rand.
'n Tydjie later begin Kallie se gewete aan hom knaag. "Mike, eintlik was ons weddenskap nie eerlik nie. Ek het op die ses-uur nuus dieselfde storie gesien, en ek het geweet hy gaan spring."
"Dis OK," antwoord Mike. "Ek het ook die ses-uur nuus gesien, maar ek het nie gedink hy sal wragtag weer spring nie."
Pille
Geleen by Duwweltjie uit die Finansies & Tegniek:
Die man kom tuis van die dokter af en lyk baie bedremmeld. Sy vrou vra: "Wat is verkeerd?"
Die man antwoord: "Die dokter sê ek moet die res van my lewe elke dag een van hierdie pille drink."
Sy: "Baie mense drink elke dag een of ander pil."
Man: "Maar hy het vir my net 10 pille gegee!"
Mike se Papegaai
In die ou dae van die Nasionale Party en die Totale Aanslag stap Mike by die veiligheidspolisie in Pretoria binne. "Ek wil graag aanmeld dat my papegaai weggevlieg het," sê hy aan die amptenaar by die deur.
"Jy maak 'n fout," sê die polisieman. "Ons is van die veiligheidspolisie, ons hanteer nie vermiste troeteldiere nie."
"Ek weet," sê Mike. "Maar ingeval julle hom kry, wil ek net vroegtydig waarsku dat ek met niks saamstem wat hy oor die regering sê nie."
Jesus Sien Vir Jou
'n Inbreker breek een aand laat by 'n huis in Waterkloof in. Hy was besig om stilletjies die televisiestel te ontkoppel toe 'n stem uit die donker skaduwees kom: "Jesus sien vir jou."
Vir 'n oomblik skrik hy hom flou, tot die stem weer sê: "Jesus sien vir jou." Sy flits wys gou dat die stem aan 'n papegaai in 'n hok behoort.
"Is dit jy wat so praat?" fluister hy aan die papegaai.
"Ja," antwoord die voël.
"En wat is jou naam?" fluister die inbreker.
"Gabriël," antwoord die voël.
"En watter soort mense noem nou 'n papegaai 'Gabriël'?" wil die inbreker weet.
Antwoord die papegaai: "Seker dieselfde soort ketters wat 'n Rotweiler 'Jesus' noem."
Swart Jannie
Al is Jannie net nege jaar oud, is hy nie onnosel nie en hy het hierdie Nuwe Suid-Afrika al goed deurgekyk. Daar is g'n voordeel meer in om wit te wees nie, besluit hy, en verf homself swart van kop tot tone.
Sy ma, wat nie soveel van politiek weet soos Jannie nie, het hom een kyk gegee en toe 'n vieslike pak slae.
"Dis net soos ek gedink het," huil Jannie terwyl hy hom onder dwang afwas met bensien, "ek is nog nie eers tien minute swart nie en julle onderdruk my al klaar!"
Engels As Tweede Taal
Mike wen 'n bietjie geld in die lotery, en sy vriende moedig hom aan om sy fortuin te gaan soek in Londen, om daar sy duisende in miljoene te verander. "Maar ek praat nie Engels nie," protesteer Mike. Dis maklik, verduidelik sy vriende. Dis amper nes Afrikaans, so as jy vreeslik stadig praat kan die Engelse jou ook verstaan.
So gesê, so gemaak, en 'n week later sit Mike in 'n kroeg in Soho. "Bring - vir - my - 'n - bier," vra Mike in sy stadigste Afrikaans. "Sekerlik - meneer," antwoord die kroegman.
"Sê - my - waar - kom - jy - vandaan?" wil Mike nuuskierig van die kroegman weet.
"Van - Bloemfontein," sê die kroegman.
"Kan - jy - nou - meer," sê Mike verbaas. "Ons - kom - altwee - van - Bloemfontein - en - hier - sit - ons - en - gesels - so - lekker - in - Engels."
Wat My Ma My Geleer Het
Sy het my geleer om WERK WAT GOED GEDOEN IS, TE WAARDEER: "As julle mekaar wil doodmaak, doen dit buite - ek het nou net klaar skoongemaak"
Sy het my van GODSDIENS geleer: "Jy beter begin bid dat die kol uit die mat uitkom"
Sy het my geleer OM IN TYD TE REIS: "As jy nie nou opruim nie foeter ek jou tot in volgende week"
Sy het my LOGIKA geleer: "Want ek sê so, dis hoekom"
Sy het my geleer om VOORBEREID TE WEES: "Maak seker jy trek skoon onderklere aan vir ingeval jy in 'n ongeluk kom"
Sy het my IRONIE geleer: "Hou aan lag en ek gee jou iets om oor te huil"
Sy het my oor die WETENSKAP VAN OSMOSE geleer: "Maak toe jou mond en eet jou kos"
Sy het my van UITHOUVERMOˠgeleer: "Jy sal net daar bly sit tot al jou spinasie klaar is"
Sy het my van die WEER geleer: "Dit lyk asof 'n tornado deur jou kamer is"
Sy het my geleer om FISIKAPROBLEME OP TE LOS: "As ek skree daar is 'n komeet op pad, sal jy dan luister?"
Sy het my SKYNHEILIGHEID geleer: "Het ek jou nie al 'n duisend maal gese nie, moenie oordryf nie!"
Sy het my van die LEWENSKRINGLOOP geleer: "Ek het jou in hierdie wereld ingebring, ek kan jou weer daaruit haal"
Sy het my van GEDRAGSVERANDERING geleer: "Hou op om soos jou pa op te tree"
Sy het my van JALOESIE geleer: "Daar is duisende, minder-bevoorregte kinders op die aarde wat wat sou gee om ouers soos jy te he"
Oortreffende Trap Van Dom
Die premiers van die Noordkaap en die Vrystaat ontmoet om gemeenskaplike projekte te bespreek. "Almal lag altyd vir ons, en sê ons is dom," kla die premier van die Vrystaat. "Wil julle ons nie 'n guns doen en ook iets dom aanvang nie, net sodat ons vir 'n slag ook vir iemand kan lag?"
Die premier van die Noordkaap voel dis eintlik regverdig, en belowe om terug te gaan en so 'n projek te vind. Hy is ook 'n man van sy woord, en binne twee maande staan daar 'n provinsiale brug in die middel van die Kalahari woestyn.
'n Jaar later ontmoet die twee premiers weer. "Dit was 'n vreeslike lekker grap," sê die premier van die Vrystaat. "Maar die mense lag nie meer daarvoor nie. Dalk is dit tyd dat julle die brug afbreek?"
"Ons wou al," antwoord die premier van die Noordkaap. "Maar toe ons by die brug kom sit daar ses Vrystaters en visvang."
Sorge Met Die Toebroodjies
Kallie, Mike en Gerrie werk op 'n konstruksiewerf aan 'n wolkekrabber, en sit die oggend honderd meter bo die aarde hul toebroodjies en eet.
Kallie kyk vies na sy toebroodjie. "Alweer Marmite. As ek more weer Marmite op my brood kry, spring ek net hier af."
Gerrie kyk na sy broodjie. "En ek het alweer appelkooskonfyt. Elke dag dieselfde, elke dag appelkooskonfyt. En ek haat appelkooskonfyt! As ek more weer appelkooskonfyt op my brood het spring ek net hier af."
Mike volg hul voorbeeld en kyk wat hy op sy broodjie het. "Alweer ham. Wel, as ek more weer ham op my toebroodjie het spring ek ook net hier af."
Die volgende dag sit die drie manne weer reg om hul toebroodjies te eet. Kallie maak sy kosblik eerste oop. Dis Marmite. "Ek het julle gesê ek sal spring, so hier gaan ek." 'n Sekonde of twee later land hy met 'n slag op die grond, morsdood.
Gerrie maak versigtig sy kosblik oop. Dis appelkooskonfyt. "So kan dit nie aangaan nie, ek spring ook." Twee sekondes later val hy homself te pletter op die grond.
Mike bekyk sy toebroodjie. Alweer ham. Hy volg sy kollegas se voorbeeld, en dadelik lê hy dood op die grond saam met hulle.
'n Maand later ontmoet die drie weduwees mekaar vir tee. "Arme Kallie," sê sy weduwee. "As hy maar net vir my gesê het dat hy iets anders as Marmite wou hê."
"En my man," snik Gerrie se weduwee. "Twintig jaar getroud, en ek weet nie eens dat hy nie van appelkooskonfyt hou nie."
"O arme, arme Mike," bars Mike se weduwee in trane uit. "Hy maak altyd sy eie toebroodjies."
Karooskape Tel
'n Reisiger uit Gauteng is op pad deur die Karoo toe hy 'n kudde Karooskape in 'n veld sien loop. Uit ervaring weet hy dat so 'n Karooskaap heerlik sou wees oor die kole, en hy besluit om vir homself een los te slaan. Versigtig hou hy die kudde met 'n verkyker dop, en tel hulle een vir een. Daar is presies 157 skape, besluit hy.
Hy stap oor na die skaapwagter toe, en maak hom 'n aanbod. "As ek kan raai presies hoeveel skape jy hier het, kan ek een van hulle kry?" vra die reisiger.
Die skaapwagter dink so 'n rukkie, maar dit klink vir hom na 'n goeie grap. Dit vat 'n meester om so 'n kudde sommer so te tel. "Nee, dis goed," sê hy. "Raai maar."
"Hier is presies 157 skape," sê die Gautenger.
En wragtag, dis reg. "Ek is 'n man van my woord," sê die skaapwagter, "So soek maar vir jou 'n skaap uit."
Die reisiger verdwyn tussen die skape, en kom 'n minuut later weer te voorskyn met 'n spartelende dier op sy skouers.
Die skaapwagter bekyk die Gautenger, kyk na die verbaasde dier, kyk weer na die man, en sê: "As ek kan raai van watter provinsie jy af kom, kan ek my hond weer terugkry?"
Appelpitte
Kallie en Mike ry saam bus, en Mike merk op dat Kallie appelpitte uit 'n sakkie eet. "Kallie, wat eet jy daar?" vra Mike. "Dis appelpitte," antwoord Kallie. "Dit maak 'n mens vreeslik slim."
So iets klink vir Mike na 'n goeie idee, want hy is self nie sy ma se slimste kind nie.
"Nou Kallie," wil Mike weet. "Wil jy nie dalk 'n paar van daardie pitte aan my verkoop nie?"
"Natuurlik, Mike," antwoord Kallie inskiklik. "Jy moet net weet dis duur pitte die, dit kos twee rand 'n pit."
Mike besluit dit klink na goeie waarde vir geld, en hy het gou 'n sakkie vol pitte van sy eie. Maar terwyl hy sy duur pitte so sit en kou begin hy dink. Twee rand per pit is nogal baie, en vir al die geld wat hy vir 'n handvol pitte betaal het kon hy eintlik 'n paar kilogram appels gekoop het. Dan het hy sommer die pitte verniet by gekry.
"Maar Kallie," sê Mike skielik kwaad. "Jy het my mos nou verneuk!"
"Sien jy," paai Kallie. "Net drie pitte en jy is sommer al klaar slimmer."
Voorslag, Jukskei en Driesman
Voorslag, Jukskei en Driesman is drie bulle op 'n plaas. Voorslag is die grootste, so hy het vir homself 100 koeie gevat en goedgunstelik 80 vir Jukskei gelos. Jukskei is die tweede grootste, en op sy beurt het hy 20 van sy 80 koeie vir Driesman gegee. Driesman is die kleinste en jongste van die drie.
Op 'n dag hoor hulle dat die boer 'n nuwe bul gekoop het, 'n gereelde wenner op die plaaslike skou. Voorslag is sommer dadelik aggressief. "Daardie bul se moer as hy dink hy gaan 'n enkele een van my koeie kry!" Jukskei is net so omgekrap. "Daardie bul se gat as hy dink hy gaan enige van my koeie kry!" Driesman stem heelhartig saam. "Daardie bul se hol as hy dink hy gaan van my koeie kry!"
'n Week later kom 'n reuse trok op die plaas aan om die nuwe bul af te laai. Die bakwerk agter is vol duike, en dis duidelik dat die trok sleg verniel is. Die boer en 'n dosyn helpers begin die bul aflaai, en dis 'n vreeslike stryd. Elke keer wat die bul sy poot stamp dreun en bewe die aarde. Uiteindelik kry die helpers dit reg om die reuse Brahmaan van die trok af te kry. Die monster snork en kap met sy horings en stamp herhaaldelik met sy poot sodat die aarde bewe.
Voorslag sê benoud: "Wel, dalk kan hy so 50 van my koeie kry." Jukskei stem saam: "Ja nee, 'n bul kan nou nie selfsugtig wees nie, hy kan seker so 50 van my koeie ook kry."
Driesman klink egter heel aggressief. Hy blaas woes deur sy neus, stamp met sy poot en kap met sy horings. Dit maak Voorslag en Jukskei benoud. "Driesman, ou seun," sê Voorslag. "Dis nie nou die tyd om die nuwe bul kwaad te maak nie. Los dit nou en gee hom 'n paar van jou koeie".
"Fok die koeie," antwoord Driesman. "Ek maak net seker hy weet ek is 'n bul!"
Varke Jag
Dinsdagoggend vroeg kom klop een van Mike se plaaswerkers angstig aan die deur, en dit blyk hy het 'n vark aan die buurman se kant van die grensdraad omgery met die trekker. Mike gee die plaaswerker 'n haelgeweer met instruksies om die vark te skiet om seker te maak hy ly nie, en dan die karkas agter 'n klomp bosse weg te steek. Na 'n halfuur kom die plaaswerker om die haelgeweer terug te gee, maar hy lyk nie gelukkig nie. "Wat is nou weer fout?" vra Mike. "Die vark hy lê daar weg by die boom, maar die blou lig op die mouterbaaik hy draai nog."
Bompatrollie
Kallie en Mike sluit aan by die polisie, en na net 'n week diens vind hulle twee bomme op Pretoria stasie. Soos goeie polisiemanne laai hulle die bomme in hul vangwa en ry dit na die polisiestasie toe. Na 'n rukkie vra Kallie aan Mike: "Mike, wat doen ons as een van die bleddie bomme hier agter ontplof?" Mike antwoord: "Moenie worry nie, man, dan sê ons vir hulle by die polisiestasie daar was net een."
Sweedse
Iets vir ons Nederlandssprekende vriende:
Sam ziet Moos rijden in een cabriolet met een bloedmooie blonde vrouw naast zich. Sam vraagt aan Moos: "Zweedse?" Moos: "Ja, af en toe onder d'r armen."
Lorriedrywers
Kallie en Mike kry werk as drywers vir 'n groot vervoerfirma, en op hulle eerste groot kontrak kry hulle al probleme. 'n Bordjie voor 'n brug sê "maksimum 2 meter", en hulle vragmotor is twee en 'n half meter hoog. "So, Mike," vra Kallie. "Wat doen ons nou?" Mike kyk rond en sê: "Maklik. Ek sal die lorrie deurvat, kyk jy net dat die polisie ons nie sien nie."
'n Whisky vir my vriende
Jan strompel laat op 'n Vrydagaand 'n kroeg in Brakpan binne. "Kroegman, 'n whisky vir my, 'n whisky vir jou, en 'n whisky vir al my vriende in die kroeg!" skree hy.
"Baie dankie, dis besonder gaaf van jou," sê die kroegman en skink vir Jan, homself en al sy klante drankies. Jan slaan sy whisky weg en skree weer: "Kroegman, 'n whisky vir my, 'n whisky vir jou, en 'n whisky vir al my vriende in die kroeg!"
"Dis baie gaaf," antwoord die kroegman, "maar wil jy nie eers vir die eerste rondte betaal nie?"
"Ek kan nie," sê Jan. "Ek het nie 'n enkele sent by my nie."
Hoogs ontstoke gryp die kroegman vir Jan en smyt hom met 'n paar skoppe by die deur uit. 'n Uur later is Jan egter terug, hierdie keer nog dronker.
"Kroegman, 'n whisky vir my, en 'n whisky vir al my vriende in die kroeg!" skree hy. "En ek neem aan jy gaan vir my ook 'n whisky aanbied?" vra die kroegman sarkasties.
"Nee," sê Jan. "Jy raak aggressief wanneer jy drink."
Pratende Diere
'n Buikspreker op reis stop vir petrol in 'n klein dorpie in die Noordkaap, en besluit om homself met die plaaslike bevolking te vermaak. 'n Man en sy hond sit in die koelte langs die enigste kafee in die dorp, en die buikspreker stap nader. "More oom," groet hy. "Mooi hond wat oom hier het." Die man kyk op, en groet terug. "En wat sê oom se hond vandag?" vra die buikspreker.
"Nee, jong," sê die man. "In die agtien jaar wat ek al hierdie ou dier het, het hy nog nie 'n woord gesê nie."
"Wag, laat ek probeer," sê die buikspreker. Aan die hond vra hy: "Ou honne, hoe gaan dit vandag met jou?"
Tot die man se verbasing begin sy hond te praat. "Nee, seun, dit gaan maar swaar. Dis warm, en my bene is styf en my tanne stomp."
"Nou kan jy wragtag... ek glo dit nie. Ek sou nou nooit kon dink hierdie ou hond van my kan praat nie."
"Oom sal verbaas wees, ek kan met enige dier praat. Die donkie wat hier staan, byvoorbeeld. Hoe gaan dit, donkie?"
"Goed," sê die donkie. "Ek werk nie te hard nie, ek kry seker genoeg om te eet, en in die winter gooi my baas hier 'n kombers oor my as dit koud word."
"Wel nou het ek alles gesien," sê die ou man. "Dis werklik 'n wonderlike gawe wat jy hier het."
"Ek is maar so gebore, oom," antwoord die buikspreker. "Van kleins af al kan ek so met diere praat. Ek sal selfs met hierdie bokooi kon praat."
"Nee wag nou, wag nou," gooi die man wal. "Dié ou bokooi het niks interessant te sê nie, en sy lieg vreeslik oor my."
Mike Maak Oorlog
Sadam Hoessein sit Saterdagoggend in sy paleis toe die telefoon lui. "Hello, dis Mike hier uit Nelspruit, ek is die kroegman in die Royal Hotel, en ek bel net om jou amptelik te laat weet dat ons oorlog op jou verklaar het."
"Wel Mike," sê Hoessein, "Dis eintlik baie ordentlik van jou om my te laat weet. En hoe groot is jou weermag?"
"Laat ek sien... dis ek, en Kallie, en 'n paar van die ouens van die rugbyspan... ons is seker so tien man sterk."
Hoessein oordink die saak eers vir 'n oomblik, en sê dan: "Kyk Mike, aangesien ons nou soos twee ordentlik mense praat, moet ek jou seker waarsku dat ek byna 'n miljoen man in my weermag het."
Mike is redelik geskok. "Hel. Ek sal eers met die manne moet praat, dan bel ek later weer."
So 'n halfuur later lui Sadam Hoessein se telefoon weer.
"Sadam, ons weermag is nou gemotoriseer. Ons het ses bakkies, twee trekkers, 'n stroper en 'n mouterbaaik. Die oorlog is aan."
In die goeie gees van die oomblik waarsku Hoessein Mike weer: "Mike, my weermag beskik oor 'n duisend tenks en ses duisend gepantserde voertuie. En intussen het die leer gegroei tot meer as een en 'n half miljoen man sterk."
Daar is weer 'n lang stilte aan Mike se kant. "Dis nou bleddie mooi. Wag net 'n bietjie, ek sal met die manne gaan praat."
Nog 'n halfuur gaan verby voor Mike weer bel.
"Sadam, ons het nou 'n lugmag ook. Frik hier se pa het 'n microlight wat ons kan gebruik, en ons gaan vir hom 'n haelgeweer voorop monteer. So die oorlog is weer aan."
"Ek moet jou weer waarsku, Mike. My lugmag het byna 'n duisend vegvliegtuie, twee honderd bomwerpers en 'n honderd troepedraers. En sedert ons laaste gesprek het my weermag tot twee miljoen man gegroei."
"Nee demmit", sê Mike. "Bly net gou aan die lyn terwyl ek met die manne praat."
In die agtergrond lawaai dit soos die manne debat hou, en uiteindelik kom Mike weer terug op die lyn: "Nee wat, Saddam, die verdomde oorlog is af. Daar is geen manier wat ons twee miljoen gevangenis hier in die dorp kan hou nie."
Mike en die Olifant
Klein Mike en sy ma is by die dieretuin, en hulle hou die olifante dop. Na 'n ruk begin die olifantbul met 'n reuse straal te pie. Mike wys na die olifant se instrument, en vra: "Ma, wat is dit?" Mike se ma is 'n goeie meisie van die Vrystaat, en sy bloos net en sê dis niks.
'n Week of twee later is klein Mike weer by die dieretuin, hierdie keer saam met sy pa. Weer kom hulle voor die olifante te staan, en weer wys Mike na die olifant se instrument en vra: "Pa, wat is dit?"
Sy pa is ook maar onseker oor wat om te sê. "Het jou ma jou nog nie vertel nie?"
"Ma het gesê dis niks," antwoord Mike.
"Wel, seun, jou ma is bederf."
Durban
'n Man kom tuis om te sien hoe sy vrou haar tasse pak. "Ek gaan Durban toe," sê sy. "Ek hoor daar is mans wat R200 betaal vir wat ek verniet vir jou doen." Die man dink vir 'n oomblik, en begin in stilte sy tas ook pak. "En wat maak jy nou?" wil sy vrou weet. "Ek gaan saam," sê die man. "Ek wil graag sien hoe iemand leef op R400 'n jaar."
'n Kroeg in Pretoria
Twee mans sit 'n Vrydagaand laat by die toonbank in 'n kroeg in Pretoria. "So waar kom jy vandaan?" vra een aan die ander.
"Van die Vrystaat," antwoord hy.
"Ongelooflik! Ek kom ook van die Vrystaat af! Kom ons drink 'n brandewyn op die Vrystaat en die noodlot wat ons hier saamgebring het! En waar is jy gebore?"
"Ek is in Bloemfontein gebore," antwoord die man.
"Jy lieg! Ek ook! Ek is ook in Bloemfontein gebore! Kom, drink nog 'n brandewyn daarop. Op Bloemfontein en die noodlot wat ons hier saamgebring het!"
So gaan dit aan, brandewyn na brandewyn op alles wat hulle in gemeen het. 'n Man aan die verste punt van die toonbank hou die twee al lank dop, en sy nuuskierigheid raak te erg. "Wat gaan aan met daardie twee?" vra hy aan die kroegman.
"Ag, ignoreer dit maar," antwoord hy. "Die Fourie tweeling is alweer gesuip."
Moderne Onderwys
Dis warm, die kinders is traag, en hul onderwyser raak ongeduldig. Hy wys na een van die figure wat agter in die klaskamer woel en sê: "Jy daar, wanneer het die beleg van Mafikeng begin?"
'n Onseker stem antwoord terug: "Die gelag van wat?"
Dit maak die onderwyser goed kwaad. "En wat het jy nou eintlik gister gedoen?"
Die stem antwoord weer: "Televisie gekyk."
Dis die finale strooi vir die onderwyser. "En wat maak jy dan nou in my klaskamer?"
Na 'n lang stilte antwoord die stem weer skrikkerig: "Ek gaan die bedrading na, ek werk vir Eskom."
Uitlaatpyp
Koos ry op 'n Saterdag in dorp toe vir inkopies. Soos die geluk dit wil hê ry 'n advokaat in hom vas. Die advokaat ken 'n dom mens as hy hom sien, en vat 'n kans. "Nee, kyk hier Koos. Dis net jou deur wat ingeduik is. As jy goed aan die kar se uitlaatpyp blaas dan kom die deur sommer vanself reg." Koos sien sommer dadelik die logika daarvan in en begin blaas, en die advokaat maak homself stilletjies uit die voete. 'n Paar minute later kom Mike op die toneel aan, en Koos verduidelik presies wat hy so sonder sukses probeer doen. "Maar Koos, dis geen wonder jou blasery werk nie," sê Mike. "Jou kar se venster is dan oop!"
Bobbejane in die Kroeg
Twee bobbejane stap 'n kroeg in 'n klein plattelandse dorpie binne, gaan sit by die toonbank en vra in goeie Afrikaans vir twee Castles. Die kroegman is redelik verbaas, want dis die eerste maal in sy lewe wat hy so iets sien. Hy verskoon homself vir 'n oomblik en gaan vra sy vriend Koos wat hy in so 'n situasie sou doen. "Wag 'n bietjie," sê Koos. "Bobbejane is dom, so bring vir hulle bier, maar vra hulle dubbel die prys." Die hele aand lank sit die twee bobbejane en suig aan dieselfde twee bottels bier. Kort voor sluitingstyd kan die kroegman dit nie meer hou nie. "Jammer om te pla," benader hy die bobbejane. "Dis nie gereeld dat ons twee bobbejane van julle kaliber in hierdie kroeg kry nie." Die een bobbejaan kyk op van sy bier: "Nee, en teen hierdie pryse is dit ook geen wonder nie."
Sluipmoordenaars
Die direkteur van die nasionale intelligensiediens besluit dis tyd om 'n sluipmoordenaar aan te stel, en na 'n lang administratiewe proses word drie kandidate gekies. Koos, Kallie en Mike dui aan dat hulle wel in die werk sou belangstel, en op 'n dag moet al drie by hoofkantoor aanmeld. "Daar is een laaste toets," verduidelik die direkteur.
Koos is eerste aan die beurt. "Koos, jou vrou is in hierdie kamertjie opgesluit. Hier is 'n pistool, jy moet ingaan en haar doodskiet." Onmiddelik bars Koos in trane uit. "Ek sou dit nooit kon doen nie," grens hy. "Ek is gans te lief vir my vrou."
"Dan is jy nie die geskikte kandidaat vir die werk nie," besluit die direkteur, en stuur Koos weg.
Kallie is volgende. "Kallie, hier is die pistool. Jou vrou is in die tweede kamertjie opgesluit. Jy weet wat jy moet doen." Kallie verwyn in die kamertjie, maar na 'n minuut kom hy weer uit. "Ek kon dit nie doen nie," erken hy.
"Dan is jy ook nie die geskikte kandidaat vir die werk nie," antwoord die direkteur, en stuur Kallie weg. Net Mike bly oor.
"Goed dan Mike, jy is ons laaste kandidaat. Jou vrou is in die derde kamertjie hier toegesluit. Vat hierdie pistool en skiet haar."
Mike verdwyn in die kamertjie, 'n skoot klap, en dan bars 'n afskuwelike lawaai los. Twee minute later kom Mike weer tevoorskyn, sy klere is geskeur en bloed stroom uit 'n sny in sy voorkop.
"Mike, wat het gebeur?" wil die direkteur weet.
"Nee hel," kla Mike. "Hierdie bleddie pistool van jou is met blanks gelaai. Ek moes die ouvrou met 'n stoel doodslaan!"
Omvaldronk
Na 'n twintigtal glasies vodka voel Koos reg om die kroeg te verlaat, maar regop staan is moeilik. Met moeite wieg hy van stoel tot stoel, uit by die deur en plat op die sypaadjie. Nog 'n keer probeer hy opstaan, en weer vol hy om. "Se moer," dink Koos. "Dan kruip ek huis toe." Die volgende oggend vind sy vrou hom op die voorstoep, vas aan die slaap.
"Jy't weer gisteraand gaan drink, né?" vra sy.
"Hoekom dink jy so?" wil hy weet.
"Die kroeg het gebel. Jy't alweer jou rolstoel vergeet."
Twee Standbeelde
Vir drie eeue lank het twee standbeelde in 'n park gestaan, 'n man en 'n vrou wat na mekaar kyk. Op 'n dag kom 'n engel verby en sê vir die standbeelde: "Vir drie eeue staan julle nou al so en kyk vir mekaar, geskei deur 'n enkele meter. Julle verskaf die mense wat hier in julle skaduwee kom sit soveel plesier dat julle 'n spesiale geskenk verdien. Vir 'n halfuur lank gaan ek julle menslik maak, en julle mag doen wat julle wil." Met 'n klap van die engel se vingers verander die twee standbeelde in mense van vlees en bloed, en met 'n vreeslike gegiggel verdwyn die twee in die naaste bosse. Vyftien minute later kom hulle met 'n breë glimlag elk uit die bosse. "Wel, julle het nog vyftien minute oor," sê die engel. "Wat wil julle nou doen?" Die vroulike standbeeld kyk opgewonde na haar manlike vriend en sê: "Wonderlik. Hierdie keer kan jy die duif vashou en ek sal op hom kak!"
Oupa Op Die Stoep
'n Seuntjie gaan vir sy oupa en ouma kuier, en vind sy oupa op die stoep met net 'n hemp aan. "Oupa, wat maak jy nou?", wil die seuntjie weet. "Dis die middel van die winter, jou familiejuwele sal afvries!"
"Wel," antwoord sy oupa "Laasweek het ek op die stoep gesit sonder 'n serp, en my nek het styf geword. Hierdie is jou ouma se idee."
George Bush
Met sy eerste aand in die Withuis is George Bush besonder opgewonde om in die presidensiële bed te kan slaap, maar na 'n uur word hy wakker van 'n figuur wat langs hom staan.
"Ek is die gees van George Washington," sê die figuur. "Het jy enige vrae?"
"Wat kan ek doen vir die beswil van Amerika?" vra George Bush aan die gedaante.
"Wees eerlik en stel 'n goeie voorbeeld," sê Washington en verdwyn.
Na nog 'n uur van slaap word Bush weer wakker van 'n figuur wat langs hom staan.
"Ek is die gees van Thomas Jefferson," sê die figuur. "Het jy enige vrae?"
"Wat kan ek doen vir die beswil van Amerika?" wil Bush weet.
"Sny belastings en maak die regering kleiner," sê die gees en verdwyn.
Vir die volgende uur kan Bush weens sy opwinding glad nie slaap nie, in die hoop dat nog een van sy voorgangers hom sal besoek. En hy is nie teleurgesteld nie, want na 'n uur is daar weer 'n gedaante langs sy bed.
"Ek is die gees van Abraham Lincoln," sê die figuur. "Het jy enige vrae?"
"Wat kan ek doen vir die beswil van Amerika?" vra Bush weereens.
"Gaan sien 'n opvoering."
Sherlock Holmes
Sherlock Holmes en Dr. Watson gaan kamp. Hulle slaan hul tent langs 'n pragtige meer op en gaan slaap. Kort na middernag word Holmes wakker en vra aan Watson: "Watson, kyk op na die sterre en sê vir my wat lei jy af."
"Ek sien 'n miljoen sterre, en om elkeen van daardie sterre wentel 'n paar planete. Dis waarskynlik dat 'n hele paar van daardie planete dieselfde toestande ondervind as die aarde, en dus is dit moontlik dat sommige van hulle deur lewende wesens bewoon word."
Holmes maak sy oë toe en sug: "Watson, jou aap, ons tent is gesteel."
Hasie Gaan Draf
Hasie draf eendag deur die woud toe hy vir kameelperd 'n vet daggazol sien rol.
Hasie check haar hier van onner af uit: "Giraffe, my bra, hoekom roek djy dagga? Kom draf saam met my deurie bos man. Dis baie meer gesond. Djy sal sien djy voel baie bieter na die tyd."
Kameelperd check vir Hasie, check die joint uit, gooi dit weg en begin saam met Hasie draf. 'n Rukkie later kom hulle by Olifant wat besig is om stywe lyne cocaine te snuif deur 'n R200 noot.
Hasie begin toe hanna aan Olifant ook: "Ag nee Olifant, los daai coke, djou nies gaat verdwyn. Kom draf liewe saam met ons. Djy sal check djy voel honnerd keer bieter ou pêl."
Olifant check hulle uit, kyk na sy coke, moer dit weg en begin saam te hardloop. Die drie diertjies draf 'n kakshot deur die bos en kom toe op Leeu af met sy padkaart-oë, besig om heroïne te spike.
"Leeu!" sê Hasie. "Wat maak djy ou? Wil jy nie sa..."
Skielik gee Leeu vir Hasie 'n moerse klap en spike verder.
Verslae kyk Olifant en Kameelperd vir Leeu aan. "Hoekom de fok het jy die arme outjie so hard gamoer?" vra Olifant.
Leeu toe: "Want daai klein stront laat my elke keer soos 'n dom donner saam met hom deur die bos hardloop as hy op Ecstasy is!"
Mike en Kallie op Jag
Mike en Kallie gaan jag. Hulle word per vliegtuig na 'n afgeleë deel van Botswana geneem, en die ooreenkoms is dat die vliegtuig weer oor 'n week sal terugkom.
'n Week later is die vliegtuig dan ook weer daar, en dit blyk dat Mike en Kallie tussen die twee van hulle vier bokke geskiet het.
"Die vliegtuig kan nie vier bokke hou nie," sê die loods.
"Nee, nee, dis alles reg," antwoord Mike, "Laasjaar het ons vyf bokke op die vliegtuig gelaai."
Goed dan, die loods stem onwillig in en die vier bokke word met moeite gelaai. Toe hulle egter probeer opstyg kom die vliegtuig nie meer as 'n meter of twee van die grond af nie, en uiteindelik land dit in stukke in die eerste ry bome. Wonderbaarlik kruip al drie passasiers lewendig uit die wrap.
Kallie kyk vir Mike. "Weet jy waar ons is?"
"Ja," antwoord Mike, "Dis presies waar ons laasjaar ook geval het."
Filantropie en die Onderwys
Elke dag stap 'n man verby 'n bedelaar en gee hom tien rand. So gaan dit aan vir 'n jaar, maar skielik verander die daaglikse donasie na R7,50.
"Wel," dink die bedelaar, "Dis nog steeds beter as niks."
So gaan 'n jaar verby, tot die man se daaglikse donasie skielik krimp tot R5.
"Sê my nou eers wat aangaan," vra die bedelaar aan sy weldoener. "Eers gee jy my R10 elke dag, dan weer R7,50, en nou net R5. Wat gaan aan?"
"Wel," antwoord die man, "Laasjaar het my oudste seun universiteit toe gegaan. Dit kos baie geld, so ek moes my uitgawes sny. Begin van hierdie jaar is my oudste dogter universiteit toe, en ek moes my uitgawes dus nog meer sny."
"En hoeveel kinders het jy?" wil die bedelaar weet.
"Vier pragtige kinders," antwoord die man.
"Wel," sê die bedelaar, "Ek hoop nie jy is van plan om hulle almal op my onkoste te laat leer nie!"
Onderwysbeleid
Onder die ou Nasionale Party regering vra die Minister van Onderwys die kabinet vir 'n onderwysbegroting van R100 miljoen, maar die kabinet besluit om net R20 miljoen toe te ken. Kort daarna vra die Minister van Korrektiewe Dienste vir 'n begroting van R50 miljoen, en die kabinet ken summier 'n som van R200 miljoen toe.
"Nou wat gaan hier aan?" wil die Minister van Onderwys weet. "Hier kry Onderwys net 'n vyfde van ons begroting, terwyl Tronke vier maal kry wat hulle vra."
"Wel," antwoord die Staatspresident, "Dink jy regtig die volgende regering gaan ons in die skool sit?"
Politiek
'n Politikus kom eendag op 'n klein dorpie in die Noordelike Provinsie aan om stemme te werf vir sy party. Nie een van die inwoners kan Engels verstaan nie, en ou Koos word ingeroep om te tolk. "Ladies and gentlemen, I am not here to deny you, but to appeal for your support," sê die politikus. Ou Koos vertolk as volg: "Dames en here, ek is nie hier om te naai nie. Ek wys julle sommer my piel vir die sports."
Vrot Eiers
'n Hoenderboer ry elke dag dorp toe met 'n bakkie vol eiers om op die mark te verkoop. Op dié betrokke dag kan hy nie sy eiers verkoop kry nie en bied dit alles aan 'n vrou teen 'n belaglike prys. Sy aanvaar die aanbod, koop al die eiers en haal resepteboeke uit. Toe sy aan die sjokoladekoek proe, smaak dit nie te lekker nie en sy is baie ontsteld. Sy bel die plaas en die boervrou antwoord. "Jammer, my man is nie hier nie, hy is dorp toe. Is daar iets waarmee ek kan help?"
"Ja, sê vir jou man sy eiers is vrot. En as jy my nie glo nie, kan jy aan my koek kom ruik."
Die Mediese Student
'n Dokter en 'n groep mediese studente doen hul rondtes. "Soos julle kan sien," verduidelik die dokter, "loop die pasiënt mank omdat sy linker fibula en tibia beseer is." Die dokter draai na een van die studente en vra, "Wel, wat sou jy gedoen het?" Die student dink 'n oomblik en sê, "Nee, seker maar ook mank geloop het."
Twee Pa's
Twee pa's, een Afrikaans en een Engels, sit een aand op die stoep en wag vir hulle twee kinders - 'n jong man en 'n meisie - wat gaan dans het. Hulle raak bekommerd want die kinders bly laat uit. Toe die dag so grou begin breek in die ooste, sê die Engelsman: "The dawn is nigh". "Ja," sê die Afrikaanse pa, "ek weet die donners naai, maar waar?"
'n Depressiewe Man
'n Vrou word laat een aand wakker en vind dat haar man nie in die bed is nie. Sy vind hom in die kombuis, saggies aan die snik.
"Wat is verkeerd, skat?" vra sy. "Hoekom sit jy hier alleen en huil?"
Die man kyk op. "Onthou jy 20 jaar gelede toe jy 16 was ons nog uitgegaan het?"
"Natuurlik," antwoord sy.
"En onthou jy toe jou pa ons een aand in my kar sonder klere gevang het?"
"Ja, ek onthou."
"En onthou jy hoe hy gesê het ek moet met jou trou, of anders sal hy sorg dat ek vir 20 jaar tronk toe gaan?"
"Ja, ek onthou dit ook."
"Wel, ek sou vandag weer uitgekom het."
Voorslag, Jukskei en Driesman is drie bulle op 'n plaas. Voorslag is die grootste, so hy het vir homself 100 koeie gevat en goedgunstelik 80 vir Jukskei gelos. Jukskei is die tweede grootste, en op sy beurt het hy 20 van sy 80 koeie vir Driesman gegee. Driesman is die kleinste en jongste van die drie.
Op 'n dag hoor hulle dat die boer 'n nuwe bul gekoop het, 'n gereelde wenner op die plaaslike skou. Voorslag is sommer dadelik aggressief. "Daardie bul se moer as hy dink hy gaan 'n enkele een van my koeie kry!" Jukskei is net so omgekrap. "Daardie bul se gat as hy dink hy gaan enige van my koeie kry!" Driesman stem heelhartig saam. "Daardie bul se hol as hy dink hy gaan van my koeie kry!"
'n Week later kom 'n reuse trok op die plaas aan om die nuwe bul af te laai. Die bakwerk agter is vol duike, en dis duidelik dat die trok sleg verniel is. Die boer en 'n dosyn helpers begin die bul aflaai, en dis 'n vreeslike stryd. Elke keer wat die bul sy poot stamp dreun en bewe die aarde. Uiteindelik kry die helpers dit reg om die reuse Brahmaan van die trok af te kry. Die monster snork en kap met sy horings en stamp herhaaldelik met sy poot sodat die aarde bewe.
Voorslag sê benoud: "Wel, dalk kan hy so 50 van my koeie kry." Jukskei stem saam: "Ja nee, 'n bul kan nou nie selfsugtig wees nie, hy kan seker so 50 van my koeie ook kry."
Driesman klink egter heel aggressief. Hy blaas woes deur sy neus, stamp met sy poot en kap met sy horings. Dit maak Voorslag en Jukskei benoud. "Driesman, ou seun," sê Voorslag. "Dis nie nou die tyd om die nuwe bul kwaad te maak nie. Los dit nou en gee hom 'n paar van jou koeie".
"Vergeet die koeie," antwoord Driesman. "Ek maak net seker hy weet ek is 'n bul!"
Vraag: Wat noem ons die fabriek waar vroumense vervaardig word?
Antwoord: "Fatties & Moanies"
NSA taal uitsprake,... Oorsese vakansieganger was baie verstom onlangs toe hy in 'n restaurant vir black pepper gevra het en die kelner toe The Sowetan aan hom oorhandig het.
'n Dame kom by die hospitaal en vra na haar man, "die een wat deur die stoomroller getrap is". "O," antwoord die verpleegster, "hy lê in saal vyf ses en sewe."
|
Voorslag, Jukskei en Driesman is drie bulle op 'n plaas. Voorslag is die grootste, so hy het vir homself 100 koeie gevat en goedgunstelik 80 vir Jukskei gelos. Jukskei is die tweede grootste, en op sy beurt het hy 20 van sy 80 koeie vir Driesman gegee. Driesman is die kleinste en jongste van die drie.
Barmhartige Samaritane |
|||
|
Die grappie laat my dink aan Tony Blair (of is dit Blairie Tony) en die politiek in Engeland (almal beskuldig almal maar niemand aanvaar verantwoordelikheid nie) |
|||
|
Versameling van Afrikaanse grappe





