Artikels
|
Van ongeluk na getuienis
Prys die HERE, wat n wonderlike getuienis! Ek het nog altyd gedink n ouer moet erg nalatig wees om oor sy eie kind te ry. Wat n klip was dit nie wat ek sommer so maklik rondgeslinger het nie. Op 7 Julie 2011 was ek saam met my vier meisiekinders by die huis. René (12 jaar), Shané (9 jaar) en dan Anneke en Marissa (ons woelige tweeling van 5 jaar). Ek is bevoorreg om by n skool te werk en het elke vakansie die voorreg om saam met my kinders deur te bring. Die wintermaande is gewoonlik taaier op
n mamma want dan kan die kinders nie swem en buite baljaar nie weens die koue. Ons het n fietsrybaan ontdek en was net die vorige dag daar saam met n paar ander mammas en kinders.
Ons het so n bietjie rondgedwaal, en moeg dvd s gekyk, het ek besluit om die kinders maar weer fietsrybaan toe te neem. Die tweeling was erg opgewonde want die ouer sussies was nog nie daar nie en hulle wou graag spog met alles wat hulle daar kon uitrig. Ek het by die huis uitgestap en gesê dat hulle solank hulle fietse moet kry en dan vir my net daar moet wag
want ek gaan die kar haal. Ons ry n Volvo XC90(4x4), vir die wat nie weet nie, is dit n groot, breë en swaar motor (Gewig tussen 1.5 en 2 ton). Dit neem ook n rukkie om op te warm en dit is nie net van inspring en ry nie. Ek het die motor in trurat gesit en begin ry. Ek het gehoor ek ry oor iets en dank die Here, gestop en vorentoe gery. Ek het besef dat ek beslis niks agter die kar gesien het toe ek gaan inklim het nie. Ek het uitgeklim om te kyk wat lê in die pad en tot my uiterste verlammende skok... my kind, Anneke, een van die tweeling daar sien lê, met die fietsie langs haar. Die opgewondenheid was klaarblyklik te veel vir haar en sy het my gevolg om solank die fietsie te laai. Ek het
na haar gegaan en haar opgetel, wat n groot fout kon gewees het aangesien daar gebreekte bene of werwels kon wees. Daar was braaksel langs haar wat my laat besef het dat ek oor haar maagie moes gery het. Toe ek haar opgetel het, het ek NEE gegil. Sy het toe begin bloed opbring en snaakse
kreun geluide gemaak. Ek het so geskrik soos ek in my lewe nog nooit geskrik het nie. Met die gil het die ander drie uit die huis gekom en gesien dat ek sussie vashou en daar is net bloed. Ek het vir hulle gesé om in die kar te klim want ek moet sussie by n hospitaal kry want ek het oor haar gery. Hulle was om die minste te sê histeries en het aan die huil gegaan. Ek het vir René gesê sy moet die hek solank oopmaak en ek het met Anneke in my arms gehardloop om die voordeur toe te sluit. Ek het die oomblik toe ek haar opgetel het begin bid in die naam van Jesus. Die deur wou nie saamwerk nie,
toe los ek dit maar. Ek het vir n oomblik geworstel met die besluit wat om met haar te doen. Ek het so in die hardloop deur aanhou bid en Jesus se Bloed oor haar lewe gepleit. Ek wou nie laat gaan nie en het met haar op my skoot agter die stuurwiel ingeklim. Hierdie kind gaan ek nie vandag laat gaan nie , het ek gedink. Ek het net gewag dat René die hek toemaak en gejaag met geen idée waarheen om te gaan nie. Skrik is n lelike ding
en kan n mens erg deurmekaar maak. Ek is gelukkig n baie goeie bestuurder, en redelik ervare ook met hoë spoed aangesien ek in die SAPS gewerk het. Ek het vreeslik gejaag en het sommer in die ry tussen die klipharde gebede deur besluit waarheen om haar te neem. René het iets vir my gevra en ek het hulle al drie gepaai en
gesê Anneke sal ok wees, sy is in die Here se hande. Ek het vir René gesê sy moet net bid. Skielik was daar verkeer en ek het met Anneke gepraat, so
deur die bid, en sy het skielik gehyg asof haar wind uit was en haar ogies het stokstyf geword. Ek het oor en oor die bloed van Jesus oor haar lewe gepleit en vir die Here dankie gesê vir die genesing wat al klaar plaasgevind het. By die hospitaal aangekom, slegs onder die beskermende Hand van die Here, het ek vir die ander kinders gesê hulle moet wag, ek kom nou. Ek het die ongevalle eenheid binne gehardloop en my kind het erg gelyk. Hulle het haar gestabiliseer en nek en rug stutte aangesit, drip en die hele lot. Ek
het verskriklik gebewe maar was baie kalm. Die adrenalien was ongelooflik sterk, ek kon dit voel vanaf die middelpunt van my lyf. Anneke was baie slap en stil maar het nie een keer haar bewussyn verloor nie. Daar was n CT scan gereël. Haar ogies was bang maar tog so kalm. Ek het oor en oor, vandat ons gery het vir haar gesê dat Jesus haar lief het en dat Hy haar in
Sy arms styf vashou. Dit het haar gerus gestel want hierdie Jesus waarvan ek gepraat het, ken ons in ons huis. Ons gesels elke dag met Hom en vertrou Hom met alles wat ons doen en sê. Hy gaan selfs saam skool toe en werk toe. En ja, dit is dieselfde Jesus wat vir ons fluister dat alles oraait is as ons lelik was met sussie en dat ons maar weer kan probeer om dinge reg te doen. Dit is ook dieselfde Jesus wat elke dag vir ons sê dat Hy vir ons lief is, dat ons syne is en dat Hy nooit ons hand sal los nie .Ons moet net
aan Sy Hand vashou. In tussen het ons Pastoor se vrou en een van ons voorbidders opgedaag en ook gebid. Mense van oral het begin bid. My man was so 3 en n half ure weg van die huis af gewees. Die ander kinders was opgeneem deur ander se liefde en sorg en het saam met oupa huis toe gegaan.
Die CT scan was gedoen en sy is na n saal verplaas. Die Dokter het na n ruk vir ons kom sê dat daar nie n enkele beentjie in haar lyf gebreek is nie, maar dat haar een long n skeurtjie in het en dat die ander een gekneus is. Verder op hierdie stadium kon hulle niks fout sien nie. Seker
n uur en n half later was die Dokter terug en het gesê dat hulle uitgevind het dat haar lewer ligweg gekneus was en haar regterkantste nier ook. Daar was bloed in haar urine en hulle het haar oorgeplaas ICU toe vir
observasie. Sy het goed geslaap en my hart was flenters elke keer as ek net na haar kyk. Geen klagtes het oor haar lippies gekom nie en ek het vir
haar gevra of sy weet dat Jesus vandag haar lewe gered het. Sy het gesê Ja . Ek het die gebeurtenis met haar bespreek en haar vertel dat die duiwel partykeer lelike dinge met ons laat gebeur maar dat God ons help om daar deur te kom. Sy is vanaf ICU terug na die kindersaal verplaas die volgende oggend en nou, 30 ure later is sy van die suurstof af, van die drup af, en woel hier rond in die saal. Sy gaan more oggend huis toe. Vir my is hierdie hele gebeurtenis n absolute wonderwerk. Ek het haar nie net scrams getref nie, ek is reg bo-oor haar. Ek dank die Here dat ek gestop het, anders was ek oor haar kop ook. Ek dank die Here dat Hy die oomblik wat ek Jesus se bloed oor haar gepleit het en in Sy naam gebid het,
begin het om haar te genees. Ek dank die Here vir haar gesindheid en absolute vertroue in Hom en ek dank die Here dat Hy ons, wat kleiner as die
stof van hierdie aarde is, raaksien en liefhet. En ek dank die Here vir die verhouding wat ek as vrou met Hom het. Sonder God in ons lewe, sou niks dieselfde gewees het nie. Aan enige ouer wat hierdie lees: Leer jou kind om die Here persoonlik te leer ken. Hulle is nooit te jonk om Sy liefde en Genade te verstaan nie. Help hulle om Jesus oral saam met hulle te vat en pleit die bloed van Jesus oor hulle en Bid in die Naam van Jesus Christus, die ware, lewende Seun van God. Jesus leef! ons moet Hom
net begin raaksien en ervaar, en aanvaar. Ps 5 Jaar terug, toe ek twee maande swanger was met die tweeling, was my man in n geweldige motorongeluk waartydens hy 4 skedelbreuke, verlamming aan die linkerkant en twee skeure in die aorta gehad het. Jesus was daar ook teenwoordig en my man is aangeraak deur wonder genesing. Die twee skeure in sy aorta het vanself genees, nadat die spesialis my verseker het dat dit nie kan gebeur nie Anneke het vir haar pappa gesê dat sy n droom gehad het. Sy het gedroom dat Jesus haar n drukkie en n soentjie gegee het en weer af gestuur het ondertoe. Sy is net 5 jaar oud. Ons dien werklik n lewende God en dit is tyd dat almal Hom begin erken. Sonder God, kan geen mens deur hierdie tydelike lewe gaan nie.
email
Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook
|