Teachings  + My music  + Praise songs & Quitar chords  + Afrikaans Kultuur  + Afrikaanse Musiek  + Afrikaanse MP3  + SA Resepte  + Books  +
3 pages ago -> 2 pages ago -> Previous page

Artiekels

* ONTHOU JY NOG?.....
16, Aug, 2010





* AFRIKAANS IS BETER
05, Aug, 2009

* Liewe Daantjie
05, Aug, 2009

* Roekelose Woordeboek
05, Aug, 2009

* Speak Chinese
05, Aug, 2009



* Afrikaanse Rekenaar Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaanse Motor Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaanse Wyn Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaans Speakers
05, Aug, 2009





* OOM LEEU
05, Aug, 2009

* Prokureur kry vir hom!
05, Aug, 2009

* Wat n Situasie
05, Aug, 2009



Prokureur kry vir hom!

In Charlotte, North Carolina, VSA, het 'n prokureur vir hom 'n boks baie seldsame en duur sigare gekoop en dit verseker, onder andere teen brand. Binne 'n maand, nadat hy sy hele voorraad duur sigare gerook het, en voordat hy selfs nog sy eerste premie op die versekeringspolis betaal het, het hy 'n eis teen die versekeringsmaatskappy ingestel. In sy eis het hy verklaar dat hy die sigare 'in 'n reeks klein brandjies' verloor het.   Die versekeringsmaatskappy het geweier om uit te betaal met vermelding van die ooglopende redes en dat die eiser die sigare in die normale gang van sake verbruik het.

Die prokureur maak toe 'n saak...... en WEN! In sy uitspraak het die regter die versekeringsmaatskappy gelyk gegee dat die eis beuselagtig was.  Hy het egter bygevoeg dat dat die prokureur 'n polis van die maatskappy gehad het wat by implikasie aanvaar dat die sigare versekerbaar is en dat hulle dit teen brand sal verseker, sonder om te spesifiseer wat 'n onaanvaarbare brand sal wees.  Daarom is die versekering verplig om uit te betaal.  Ten einde die koste van 'n lang uitgerekte appilsaak te vermy, het die versekeringsmaatskappy die uitspraak aanvaar en $15 000 aan die prokureur uitbetaal as skadevergoeding vir die sigare wat in die 'brande' verlore geraak het.     Nadat die prokureur die tjek gewissel het, het die versekeringsmaatskappy hom laat arresteer op 24 aanklagte van brandstigting!!  Met sy eie versekeringseis en die getuienis van die vorige saak wat teen hom gebruik is, is die prokureur daaraan skuldig bevind dat hy met voorbedagte rade sy versekerde eiendom verbrand het en is tot 24 maande tronkstraf en 'n boete van $24 000 gevonnis!

Afrikaanse grap, humor


Add A Comment