•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



Artikels






* GENADEWATER
15, Apr, 2011

* Boere FAcebook
30, Mar, 2011



* Seuntjie by die See
02, Mar, 2011



* WARE WOORDE
23, Jan, 2011

* Kennetjie
23, Dec, 2010

* Personeel Evalueerings
27, Oct, 2010

* Spreekwoorde
23, Sep, 2010


* ONTHOU JY NOG?.....
16, Aug, 2010





* AFRIKAANS IS BETER
05, Aug, 2009

* Liewe Daantjie
05, Aug, 2009

* Roekelose Woordeboek
05, Aug, 2009

* Speak Chinese
05, Aug, 2009



* Afrikaanse Rekenaar Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaanse Motor Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaanse Wyn Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaans Speakers
05, Aug, 2009





* OOM LEEU
05, Aug, 2009

* Prokureur kry vir hom!
05, Aug, 2009

* Wat n Situasie
05, Aug, 2009



Onoffisieele Afrikaanse gesegtes en se dinge

Onoffisieele Afrikaanse gesegtes en se dinge

Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!

Hy is so maer, hy lyk soos 'n erdwurm met 'n handbriek.

Ek is nou so opgewonde soos 'n budgie op steroids !

Jy's so skeel jy kyk jouself diep in die oë!

Hy ìs so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.

Hy ìs so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.

Hy is so maer, as hy langs 'n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg!

Hy is so skelm, hy bid onder ' n skuilnaam

Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks

Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.

"Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet."

"Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie."

"Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in."

"Ek is nou so lui ek trou sommer 'n pregnant vrou."

"Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het."

"Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan."

"Ek is so de bl*ksem in, ek soen sommer 'n pofadder oopbek"

"My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap."

"Arende vlieg dalk hoog, maar muishonde word nooit deur 'n vliegtuigmotor ingesuig nie.."

"Die mens is op aarde geplaas om 'n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie."

"Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap."

"Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het."

"Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!"

"As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag."

"As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n reis nodig."

Onoffisieele Afrikaanse gesegtes en se^ dinge


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook