|
|
( Eintlik is dit meer korrek om te praat van diakritiese skryftekens = "onderskeidende skryftekens" volgens HAT. Ek het hierdie (vir my) nuwe woord van Danie Viljoen geleer. Dankie Danie!) INLEIDINGAs jy die sin "El Niño se gróót reën gáán môre brûe laat verspoel" op jou rekenaar kan insleutel, sonder om 'n lysie van spesiale ALT-sleutel kodes te raadpleeg, dan ken jy waarskynlik reeds onderstaande wenk vir Afrikaanse leestekens in Windows 95/98/NT. Vir die spesiale leestekens in Afrikaans, het ek voorheen die ALT+numeriese-sleutel-kode metode gebruik, bv ALT+136, om 'n kappie-e (ê) te maak. Behalwe dat 'n mens dié kodes moet onthou of opsoek, kos dit jou 4 sleuteldrukke, en raak jy dus maklik laks om dit te wil gebruik. Daar ís 'n makliker manier, wat slegs 2 sleuteldrukke behels, en waarvoor jy géén kodes hoef te onthou nie! Sover my kennis strek, werk dit vir alle Windows applikasies, d.w.s. woordverwerkers, sigblaaie, E-possagteware, en ander programme wat teks hanteer. Indien jý nóg nie hierdie inligting het nie, behoort jy aan te hou om verder te lees: INSTALLASIE
UNITED STATES 101(of wat ookal) na UNITED STATES-INTERNATIONAL. Doen dit só deur op jou Desktop te:
WINDOWS XP (soos ontvang einde 2001) Hello Piet, Hoop dit klink nie te veel na 'n deurmekaarspul nie. GEBRUIK
Druk éérs die leesteken, bv. die kappie-teken '^' bókant die syfer 6. Daar sal niks op die skerm verskyn nie - druk nou die karakter, bv 'e' en 'ê' (kappie-e) sal op die skerm verskyn. Sou jy wél verlang dat die spesiale karakter alléén moet verskyn, druk die spasiebalk ná die spesiale karakter, en laasgenoemde verskyn dan op die skerm. (Dit kos 'n rukkie om aan gewoond te raak, maar die sagteware is héél slim - dis nét nodig om die spasiebalk te druk indien die volgende karakter 'n geldige kombinasie sou vorm - om bv ('n) te sleutel, hoef jy nié die spasiebalk te druk nie!!!!)
Hoop dit help iemand om méér produktief te wees! TERUGVOER11 Okt 1998 Beste Piet Dankie vir die boodskap oor die leestekens in Afrikaans wat ek tweedehands, maar oorspronklik van jou af ontvang het. Dit help nogal regtig baie en ek het báie gouer daaraan gewoond geraak as wat ek verwag het. Groete
Hallo Piet Baie dankie vir die wenk oor die vorming van diakritiese tekens. Ek is al 'n ruk lank bewus van hulle omdat hulle van tyd tot tyd ongevraagd hulle verskyning gemaak het. Nou kan ek hulle sistematies leer gebruik! Terloops, hulle werk goed in WordPerfect 8 waarin ek hulle gebruik. Vriendelike groete
|
stuur asb epos aan Piet Conradie by:
Hierdie bladsy op "Piet se Webwerf"
is laas op 26 Desember 2004 met
Nvu (Composer) bygewerk deur
Piet Conradie
MAKLIKE AFRIKAANSE LEESTEKENS!





