•Teachings  + •My music  + •Praise songs & Quitar chords  + •Afrikaans Kultuur  + •Afrikaanse Musiek  + •Afrikaanse MP3  + •SA Resepte  + •Afrikaanse Gedigte  + •Books  + •SA Locate  + •ect  +



Artikels


* Juffrou trek vellies aan
20, Feb, 2012






* GENADEWATER
15, Apr, 2011

* Boere FAcebook
30, Mar, 2011



* Seuntjie by die See
02, Mar, 2011



* WARE WOORDE
23, Jan, 2011

* Kennetjie
23, Dec, 2010

* Personeel Evalueerings
27, Oct, 2010

* Spreekwoorde
23, Sep, 2010


* ONTHOU JY NOG?.....
16, Aug, 2010





* AFRIKAANS IS BETER
05, Aug, 2009

* Liewe Daantjie
05, Aug, 2009

* Roekelose Woordeboek
05, Aug, 2009

* Speak Chinese
05, Aug, 2009



* Afrikaanse Rekenaar Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaanse Motor Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaanse Wyn Terme
05, Aug, 2009

* Afrikaans Speakers
05, Aug, 2009





* OOM LEEU
05, Aug, 2009

* Prokureur kry vir hom!
05, Aug, 2009

* Wat n Situasie
05, Aug, 2009



Graad 5 leerling - die koei

Hierdie is 'n opstel deur 'n laerskool leerling. Ingesluit is al die spelfoute en dinge:

Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n huisdier. 'n koei is orrals.. 'n koei het 'n baie Fein reik - jy reik hom oor die jele plaas. Agteraan die koei sit die stert. An die een Kant van die stert sit die pint van die stert wat die kwas genoem word en an die anner Kant sit die koei. Die koei gebruik die kwas om die flieje van haar weg te hou anners Val hulle innie melk. Vooran die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei. Die koei is oorgetrek met 'n beesvel. Onderan die koei hang die melk. Om die melk te kry, maak jy die koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit jy onner die koei en trek die toutjie. Dan kom die melk. As die Gras goed is, is die melk goed. As die Gras sleg is, is die melk sleg. As die donner-weer in die lug is, is die melk weg. As dit 'n ou koei is, is die melk suur. Dit is baie goedkoop om 'n koei aan te hou want jy gee hom net eenkeer kos, Dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die OS. Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie. Om OS te se is nie 'n vloekwoord nie. Verder weet ek niks. Behalwe dat as 'n koei baie stip na jou kyk, moet jy padgee want Dan is dit 'n bul.
 
Graad 5 Afrikaans Eksamen
 
1. Waarvoor word beesvelle gebruik?
Om die bees binne te hou
 
2. Wat is outobiografie?
Dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar
 
3. Noem 5 dinge wat melk bevat?
Kaas, botter en 3 koeie
 
4. Wat is die verlede tyd van eet?
Honger
 
5. Wat is die verkleinwoord van Oupa?
Kleinseun
 
6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
Kleinteef
 
7. Wat is die doel van die kies-en oogtande?
Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk
Goed doen.
 
8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer Haas...
Hoe groter haaspastei
 
9. Wat is die meervoud van kabeljou?
Kabeljulle
 
10. 'n Sin met "ter aarde bestel..."
"Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?"
 
11. Formule vir 'n sirkel se omtrek:
"paai straal kordaat"
 
12. Wat is teenoorstaande hoeke?
Hoeke wat vir mekaar kyk
 
13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.
 
14 . Wat is 'n terminale siekte?
As jy op die lughawe siek word!
 
15. Vertaal in Afrikaans: "I beg your pardon?" (My favo
urite)
HuH?
 
16 . Wat noem ons iemand wat velle looi?
Onderwyser
 
17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel?
Pepermenttande

emails


 Add A Comment Here
hide







Help my om 'gesien' te word: Share this on Facebook